Man weer vas oor ‘moetie-moord’

Alta Maree. (Foto: Verskaf)

ʼn Man wat daarvan verdink word dat hy sy werkgewer in Witbank, Mpumalanga, vir moetie-doeleindes vermoor het, is weer in hegtenis geneem nadat hy langer as ʼn jaar op die vlug was.

Sers. Khomotso Maluleke, woordvoerder van die polisie, sê Dennis Sipho Motubatse is Maandag omstreeks 08:30 in Vosman vasgetrek nadat die polisie ʼn wenk ontvang het.

Motubatse was langer as ʼn jaar op vrye voet nadat hy in Maart verlede jaar vir die eerste keer in hegtenis geneem is in verband met die moord op Alta Maree (64). Hy het kort daarna in ʼn hof in Witbank verskyn waar hy op borgtog vrygelaat en die saak uitgestel is. Daarna was Motubatse egter skoonveld.

Motubatse is destyds saam met twee ander verdagtes in hegtenis geneem. Een van sy medebeskuldigdes het sedertdien in aanhouding gesterf. Die polisie het nie die oorsaak van sy dood bekendgemaak nie en slegs gesê die verdagte het in die aanhoudingselle inmekaargesak.

Dennis Sipho Motubatse. (Foto: SAPD)

Motubatse het vir Maree gewerk toe sy op 25 Februarie verlede jaar verdwyn het. ʼn Buurman het destyds onraad vermoed toe hy nie Maree by haar huis opgemerk het soos gewoonlik nie en het gaan ondersoek instel. Maree se huis was geplunder en selfs die matte van die huis was uitgeruk. Daar was egter geen teken van haar nie en ʼn vermistepersoon-saak is aanhangig gemaak.

“Die polisie se ondersoek het hulle na Motubatse gelei wat vir die vrou gewerk het toe sy verdwyn het. Hy is ondervra en het uiteindelik die polisie tot by die plek gelei waar menslike oorskot, glo van die vrou, gevind is,” het Maluleke gesê.

Die liggaamsdele is in ʼn veld langs die R555 buite Clewer gevind. Verskeie liggaamsdele was vermis. Dina Hennings, een van Maree se susters, het verlede jaar aan Maroela Media gesê die liggaam was onherkenbaar uitmekaargesny.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het verlede jaar gesê een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is, is ʼn sangoma en daar word vermoed dat Maree vir moetie-doeleindes vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ron ·

Hoe kan n mens hier lees en nie onsteld wees nie!!!
Wat anders bly oor as om die man die doodstraf te gee WANT hy is siek en sal dit weer doen!
n Oog vir n Oog en n tand vir n tand . . . PUNT

Gerhardb ·

HOEKOM KRY SULKE MOORDENAARS BORG!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Dawid ·

Dis Afrika Tradisie mense….n toordokter word hoog geag en gevrees..

LD ·

Selfde gaan met die branderplankryer se moord gebeur….. moordenaars word op borgtog vrygelaat en verdwyn dan soos groot spelde, soos die een wat langer as ñ jaar op vrye voet was nadat hy borg gekry het. Hopelik sal hy nie weer borg kry nie aangesien hy ñ risiko vir verdwyning is, soos hy alreeds bewys het! Maar nou ja, dis Suid Afrika, en sal hy seker weer borg kry……

Philip ·

Stem saam. Weet nie wat om verder te sê of dink nie. Ons regstelsel is deurmekaar deurdat vd regters ook seker i die kategorie van muti val. Sê maar net

marous ·

Borg want die slagoffer was wit ! Sit dit in julle hoed dept van onjuistisie!

A ·

Jy kry borg as jy ‘n witmens vermoor maak nie saak hoeveel sake jy teen jou het nie.

MS ·

Geen borgtog vir vermeende moordenaars en/of verkragters nie!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.