Man weer vier verdagtes af tydens plaasaanval

'n Bloedstreep buite die huis. Foto: SAPD

‘n Bloedstreep buite die huis. Foto: SAPD

Twee van vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle Dinsdag in die vroeë oggendure op ʼn plaashuis in die Oranjeville-omgewing in die Vrystaat wou toeslaan.

Sers. Sellwane Mapamela, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn man en sy vrou het in die huis geslaap toe vier verdagtes wou inbreek.

“Die man het wakker geword toe die verdagtes probeer het om die voordeur oop te breek. Hy was gewapen en het ʼn waarskuwingskoot geskiet toe hy die verdagtes sien,” het Mapamela gesê. “Die verdagtes het op hom begin skiet en hy het teruggeskiet, waarna hulle op die vlug geslaan het.”

Die polisie is ontbied en twee verdagtes, onderskeidelik 32 en 43 jaar oud, is op die plaas aangekeer. Albei was gewond. Die polisie het op twee vuurwapens wat in hul besit gevind is, beslag gelê.

Die twee verdagtes wat ontsnap het, was Woensdagoggend nog op vrye voet en die soektog na hulle duur voort. Die Oranjeville-polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

JoeV ·

Dit is wat die regering nou nie wil hoor nie met die nuwe veranderings aan die wapen wet. Daar word seker verwag dat mens met stok binne jou huis staan en wag dat hulle inkom en jou skiet.

HVR ·

Dis ongelooflik dat nugter denkende mense kan glo dat indien jy die hoeveelheid vuurwapens in privaat besit beperk, dat jy daardeur misdaad bekamp! Dis net iemand met ‘n kriminele brein wat so iets kan uitdink. Geen moordenaar of krimineel steur hom in die minste aan enige wet nie. Al wat die strenger wette doen is om die wet gehoorsame burgers te ontwapen sodat hulle kwesbaar kan wees vir kriminele. In teendeel: – Verplig die wet gehoorsame gedeelte van die publiek om vuurwapens te dra, dan wil ek graag sien watter krimineel gaan waag om in die openbaar ‘n roof te trek. Wat sou gebeur het as hierdie boer nie gewapen was nie. Hy en sy kosbare gesin sou bloot deel geword het van die plaasmoord statistiek. Mag die Vader ons bemagtig dat ons ons swaard sal dra om ons dierbares te beskerm.

helen ·

Ja nou word Oranjeville ook n target ek is bly daar is vir die verdagtes gewys “hier gaan julle nie regkom om te moor en te steel nie” uitstekende verdediging

Jennefer ·

Gister oggend was hier ook n aanval in Modimolle. Boervrou gelukkig nie vermoor.

Theresa ·

Mens sal moet sorg dat ons, wat wettig ons wapens het, dit so kan behou. Dis buitensporig om landsburgers te ontwapen. Die krimineel sal altyd ‘n onwettige wapen in die hande kry. So waarom dit nog makliker vir die mense maak om dood te maak????

Johann Marx ·

Die berig sê net dat twee vuurwapens in die besit van die verdagtes gevind is. Nêrens sê dit dat hierdie twee individue NIE die nodige vaardigheidstoetse ondergaan het, en aansoek gedoen het vir wettige lisensies nie? Heel moontlik het hulle ook lidmaatskap van ‘n “sport skietklub”, né Mnr Zumpies? Ek hoop jou voorgestelde wetgewing veroorsaak dat hulle nou ook hulle wapens inhandig…….hahahaha

Elza ·

Daar was 4 inbrekers 2 is gewond en hulle is in hegtenis geneem. Die ander twee het weggekom of ontsnap en is nie gevang nie.

Andre ·

Wie van julle wat hier lees of kommentaar lewer is bewus van of selfs lid van GOSA (Gun Owners of South Africa)?

Hierdie organisasie is tans besig om vir ons regte as wettige vuurwapeneienaars te veg deur mediaveldtogte en direkte gesprekvoering met die SAPD en regering.

Indien jy nog nie lid is nie wil ek versoek dat jy asb onmiddelik deel raak van die groep en so ook deel van die oplossing. Lidmaatskap is tans gratis en die groep word hoofsaaklik via Facebook en die Gunsite forum gedryf.

Dit is waansinnig om net agteroor te sit en te hoop dat die slegste nie gaan gebeur nie en baie onbillik om te vewag dat ander die hele tyd namens jou bly optree. Ons het hulp nodig uit alle oorde.

Ruby ·

Sjoe Maroela, ek het al baie erger gelees, nie seker watter word nou eintlik verkeerd was nie, maar nou ja.

Ek geniet nog steeds julle blad.

PS: Dalk die g…..s woord?

Sune van Heerden ·

Dagsê Ruby

Nee, “gespuis” was nie die probleem in jou kommentaar nie.
Kontak ons gerus by [email protected] of druk asseblief op die “rapporteer”-knoppie indien daar kommentaar is wat na jou mening nie van pas is nie.

Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marie ·

Dankie tog die slagoffers ongedeerd! Ons moet vasbyt en nie toelaat dat hulle ons siele steel nie. Wees paraat en vra beskerming ook van Bo!

Sue ·

Wel gedaan aan “die man” vir sy optrede. Ons Liewe Vader kyk na ons sy kinders. Hy is al een wat ons uit die elende gaan verlos. Elke dag keer ons hulle aan en elke dag “ontsnap” hulle of word weer los gelaat. Wat ‘n grap!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.