Man wis glo eie gesin uit

crime scene tapeʼn Man van die Vrystaat het glo Maandagaand sy vrou en vierjarige dogtertjie doodgeskiet, voordat hy homself in die kop geskiet het.

Sers. Mamello Mokhuoane, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die voorval het omstreeks middernag by die egpaar se huis in Thabong plaasgevind. “Volgens ooggetuies het die man, Teboho Tleru (53), sy vrou, Mathapelo (35), voor die huis gejaag voordat hy haar geskiet het,” het Mokhuoane gesê.

Mathapelo se liggaam is buite die huis in die erf aangetref. Sy is drie keer geskiet.

Teboho is daarna in die huis in waar hy hul dogtertjie in haar bed doodgeskiet het. Hy het daarna op ʼn rusbank gaan sit en glo homself in die kop geskiet. ʼn Vuurwapen was steeds in sy hand.

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sumo ·

Huismoles !

Waarom die vrou en die kind se lewe ook neem ?

Duidelik het die vrou gevlug vir haar lewe.

Sumo ·

Maroela, waarom is my kommentaar eers gemodereer, en toe verwyder. Ek voldoen streng aan u kommentaarbeleid. Na my mening is daar GEEN vangwoord gewees nie, geen verwysing na ‘n vuurwapen, niks. Is dit dan verkeerd om te verwys na “huismoles” ?

SYLVIA ·

WAAROM DIE KIND SE LEWE OOK SHAME SYT NIE GEVRA OM OP HIERDIE AARDBOL TE WEES NIE. JY GAAN SOMMER STRAIGHT HEL TOE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.