Man wond glo vrou, seun

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

’n Man van Bonteheuwel in Kaapstad is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou en seun tydens ’n familietwis gewond het.

Volgens die polisie het lede van die Bishop Lavis-polisiestasie wat omstreeks 01:00 die Bonteheuwel-omgewing gepatrolleer het, ’n gil vanuit die gesin se huis gehoor. Die ligte in die huis was nog aangeskakel.

Die polisielede het ondersoek gaan instel en ’n jong man in ’n plas bloed aangetref. Hy het aan die polisiebeamptes gesê dat sy pa sy ma geskiet het.

Die beamptes is die huis in om seker te maak die vrou is veilig. Hulle het die man in die motorhuis aangetref en beveel om hom oor te gee. Hy is by die huis in hegtenis geneem.

Daar was ook ’n sewejarige seun in die huis. Hy was ongedeerd.

Die beamptes het beslag gelê op die vuurwapen waarmee die pa glo geskiet het.

Die voorsitter van die Bishop Lavis-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Graham Lindhorst, het gesê die pa het moontlik geknak en op die ingewing van die oomblik geskiet.

“Volgens die inligting tot ons beskikking was daar ’n familietwis waarna die pa besluit het om op sy vrou en seun te skiet. Meer inligting is nog nie beskikbaar nie,” sê Lindhorst.

“Dit kan wees dat iets in hom geknak het en toe haal hy dit op sy gesin uit. Geestesgesondheid is deesdae ’n groot probleem, veral met Covid-19 wat baie mense in depressie dompel.”

Die pa is tans in aanhouding by die Bishop Lavis-polisiestasie.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die man verskyn binnekort in die Bishop Lavis-landdroshof op ’n aanklag van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JM ·

Nie slim om na ‘n vuurwapen te gryp as jy depressief is nie. Daarom is daar gratis berading beskikbaar.

Phillip ·

Voor ek dit doen spring ek van tafelberg af as ek my werk moet verloor sal ek dit beslis doen my suen het dalk nog n toekoms in die land ek hoop ( hoop is maar min )

Andréas ·

Ai mnr, Om ooit jou eie lewe te wil neem sal nie ‘n goeie uitweg wees nie al is die situasie en/of land op die oogaf hoe hopeloos. MM se oggend- en aand dagstukkies is gebalanseerd en bied Christelike hoop en Bybel oplossings vir enige situasie. Ek preek nie, praat wel uit ondervinding. Uit my gesin en steeds sonder werk sedert afgelê in 2017 en weer voor Covid-19. Hoop, Vertrou en Glo in dié Almagtige en Drie-enige GOD en alles is hanteerbaar…

Persheks Adri ·

Genade doen iets anders as jy voel jy wil knak of kwaad is! Mens pluk nie jou wapen uit nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.