Man word beskuldig van R150 miljoen se WVF-Ters-bedrog

(Foto: Facebook)

ʼn 29-jarige sakeman van Skinkwater, Hammanskraal naby Pretoria, het Maandag vlugtig in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van korrupsie.

Thabo Abel Simbini is tydens ʼn klandestiene operasie in hegtenis geneem deur beamptes van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). “Simbini is op heterdaad betrap toe hy omkoopgeld aan ʼn beampte van die departement van indiensneming en arbeid betaal het,” het Sipho Ngwema, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, in ʼn verklaring gesê.

Impossible Solutions, ʼn maatskappy wat aan Simbini behoort, het na bewering vervalste eise by die Werkloosheidsversekeringsfonds se Covid-19-Ters-verligtingskema ingedien namens persone wat nie by die maatskappy werksaam is nie. Die maatskappy het vermoedelik reeds ʼn bedrag van R150 miljoen ontvang vir Ters-eise wat ingedien is.

Die Valke se ondersoek oor Simbini se eise duur voort.

“Simbini is versoek om nie te pleit nie en die saak is tot 18 November uitgestel vir verdere ondersoek en sodat die staatsaanklaer ʼn bedrogdossier kan opstel. Die beskuldigde bly in aanhouding. Die staat sal na verwagting sy aansoek om borgtog teenstaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cherokee ·

Waarom verstaan jy nie die foto nie? Wat daaraan in onverstaanbaar?

Jeeper ·

Dankie Anton, ten minste sien jy ook dit raak en ongelukking is dit wat die buitewereld ook sien.

Wat op dees Aarde ·

Die artikel handel oor die UIF-TERS fonds. Die foto is die UIF-TERS se webwerf op ‘n skootrekenaar. Wat is nie te verstane nie? ????

Peetjie ·

Lae lae luis ..en intussen is daar werklike personeel van ander maatskappye wat sonder die voordeel moes gaan…

Coolbanana ·

Noe hoeveel eise moet jy instuur om oor die R150 miljoene te kry…. Waar is die checks en banances…. Inside job!

Swerkater ·

FICA verifikasie?
Al die streng protokol waarmee ons aansoeke gekeur word?
Nee wat, iemand het hom beslis gehelp van binne af.

Casper ·

Dit kom van BEE maatskappye.Oral word bedrog gepleeg om hulle self te verryk en voel vere vir hulle eie mense wat die geld eerder nodig het net om te oorleef.Talle maatskappye onder blanke bestuur en blanke besit word teen gediskrimineer omdat hulle nie BEE geregistreer is nie maar hulle het ‘n groot aantal swart werkers indiens.Baie besighede moes toemaak en werkers aflê wat veroorsaak het dat werkloosheid in die land die hoogste not ooit is.

Cindy ·

net so! en dit gaan net erger raak want al die blanke mense wat nog besighede bedryf in hierdie patetiese land raak gatvol!

Cindy ·

Ons kan nie eens die geld wat ons veronderstel is om te kry uit TERS uitkry nie, maar “our people” het miljoene ontvang!!!

Swerkater ·

Die mense se planne hou ook net nooit op nie!! Wie dink so iets uit?

Genis ·

Nee wat hier ruik ek sommer n riet rot.. Wie betaal sulke gelde aan n maatskappy uit, sonder om te ondersoek? Hier is n paar me nse betrokke, en ek is seker daar was hulp van binne… “Our People” is baie innoverend…

pieterweskaap ·

COVID-19 is opgevolg deur ‘n ander virus, die MISDAAD-20, wat mense se denke binnedring, hul gewete besoedel en verteer en hul deur gierigheid laat oorrompel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.