Man word vermis ná bylmoord

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Gauteng is op soek na ‘n man wat Dinsdag glo sy vrou met ʼn byl vermoor het.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Protea-Noord in Soweto plaasgevind terwyl die egpaar se kinders by die skool was.

“Die man het die vrou glo met ʼn byl op haar voorkop geslaan,” het Makhubela gesê.

Die man het die huis gesluit en gevlug. Hy het glo sy bure gebel en hulle gevra om vir sy huishulp te sê sy moet gaan kyk wat hy in die badkamer gedoen het.

“Sy het in die badkamer op die vrou se liggaam afgekom en daarna die polisie ontbied.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.