Man word vermis na Jhb-kaping

polisie kaping

Argieffoto (Foto: SAPD, Facebook)

ʼn Man wat vermoedelik tydens ʼn kaping in Johannesburg, Gauteng geskiet is, word steeds vermis.

“Die man en ʼn vrou het Vrydag in ʼn Toyota Hilux gery en was op pad na OR Tambo Internasionale Lughawe toe gewapende mans hulle by ʼn verkeerslig oorval het,” het lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die kapers het die vrou vasgebind en haar in hul kombi gelaai en die Hilux afgeneem.”

ʼn Paar van die kapers het met die vrou in die kombi weggery, maar was in ʼn motorongeluk betrokke in Naledi, Soweto. Niemand is tydens die ongeluk beseer nie. Die kapers het van die toneel gevlug en die vrou is later opgespoor en bevry. Sy is ongedeerd.

Die vrou het later aan die polisie gesê die man is tydens die kaping geskiet. “Dit is nie duidelik of hy dood is nie,” het Makhubela gesê. “Hy word steeds vermis.”

Lede van die blitspatrollie het die Hilux naby Zola, Soweto opgemerk en die motor agternagesit. Daar was ʼn skietery tussen die kapers en die polisie en een van die verdagtes is gewond. Hy is onder polisiebewaking an ʼn hospitaal geneem.

Die polisie is steeds op soek na drie mans in verband met die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lesley Smith ·

Ek kan dit nie glo nie- hier gaan Maroela Media WRAGTAG en dans volgens die ANC kommuniste se pype in hulle beriggewing: ” ‘n Man en ‘n vrou is deur kapers gekaap.” Geen name- geen ras- geen niks! “Polities korrek.” O julle is darem saam met die res van NASPERS regte skootbrakke van die onderdrukker!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.