Man wou glo byna R4 miljoen se tekkies na SA smokkel

(Foto verskaf deur die SAPD)

ʼn 37-jarige man is Donderdagaand in hegtenis geneem toe onwettige tekkies ter waarde van ongeveer R3,8 miljoen in sy vragmotor gevind is. Die skoene is vermoedelik deur die verdagte deur die Lebombo-grenspos na Suid-Afrika ingesmokkel.

“Polisiebeamptes by die grenspos was agterdogtig oor die vragmotor,” sê Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie. “Die man het van Mosambiek gekom en hulle het die voertuig deursoek. Hulle het op verskeie handelsmerk-hardloopskoene afgekom.”

Die man, oorspronklik van Zimbabwe, is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van die besit van vervalste goedere. Hy sal na verwagting Maandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn.

Die vragmotor, ter waarde van ongeveer R3,5 miljoen, is ook geskut.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

James ·

Dit is hoe ons geld die land uitgaan vir snert wat inkom,mense moet geleer word wat is fake en original brands

Di ·

Wens hulle wil meer van DIE vang wat onwettig oor die grense stroom!

Spyker ·

………en dit is net die oortjies van die Seekoei wat bo die water sigbaar is. Waar gaan al die koper en skroot heen wat versamel word.? Is daar al n ondersoek gedoen by skrootwerwe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.