ʼn 37-jarige man is Donderdagaand in hegtenis geneem toe onwettige tekkies ter waarde van ongeveer R3,8 miljoen in sy vragmotor gevind is. Die skoene is vermoedelik deur die verdagte deur die Lebombo-grenspos na Suid-Afrika ingesmokkel.
“Polisiebeamptes by die grenspos was agterdogtig oor die vragmotor,” sê Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie. “Die man het van Mosambiek gekom en hulle het die voertuig deursoek. Hulle het op verskeie handelsmerk-hardloopskoene afgekom.”
Die man, oorspronklik van Zimbabwe, is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van die besit van vervalste goedere. Hy sal na verwagting Maandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn.
Die vragmotor, ter waarde van ongeveer R3,5 miljoen, is ook geskut.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Uitgevang!
Wens hulle wil meer van DIE vang wat onwettig oor die grense stroom!
Vervalste goedere. Wat van smokkelary, bedrog ens
En al daai vervalste goed kom van China
………en dit is net die oortjies van die Seekoei wat bo die water sigbaar is. Waar gaan al die koper en skroot heen wat versamel word.? Is daar al n ondersoek gedoen by skrootwerwe?