Man wou glo dossier koop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat teregstaan op aanklag van dronkbestuur, het Maandag in die hof verskyn op aanklag dat hy die dossier vir sy saak wou koop.

Antonio Manuel Rodrigus Alves (spelling volgens klagstaat) het in die Goodwood-distrikshof verskyn op aanklag van korrupsie en is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Volgens die klagstaat is Alves (53) Vrydag in hegtenis geneem in verband met die korrupsiesaak.

Niel Slabber, Alves se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê sy kliënt het geen uitstaande lasbriewe of vorige veroordelings nie. Alves sal na verwagting Dinsdag in dieselfde hof verskyn op die aanklag van dronkbestuur.

Die korrupsieklag hou verband met ʼn beweerde voorval Vrydag toe Alves glo ʼn adjudant-offisier R2 500 aangebied het vir die dossier. Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die dronkbestuursaak het in 2013 begin.

Die polisie het glo verlede week inligting ontvang dat Alves glo iemand soek om die dossier te laat verdwyn voor sy hofverskyning Dinsdag. ʼn Lokval is gestel en Alves het glo ʼn polisiebeampte by ʼn McDonalds-kitskosplek gekry en die dossier by hom gekoop. Alves is kort daarna in hegtenis geneem waar hy in sy motor gesit het.

Alves moet weer op 20 Januarie in die hof verskyn vir die korrupsiesaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.