Man wou glo verkeersbeamptes uitlok

Moshayi Tonderai (Foto verskaf deur die Valke)

Moshayi Tonderai (31) en Patrick Ncube (31) sal Dinsdag weer in die landdroshof in Komatipoort verskyn vir hul formele aansoek om borgtog. Tonderai is in hegtenis geneem op aanklag dat hy verkeersbeamptes wou uitlok. Ncube staan tereg op soortgelyke aanklagte.

“Tonderai, ʼn vragmotorbestuurder van Zimbabwe, het op 17 November by die Lebombo-grenspos aangekom toe hy ander vragmotorbestuurders verbygesteek wat in die ry gestaan het om die grens oor te steek,” sê kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke).

Die verkeerspolisie het hom voorgekeer vir ʼn roetine-ondersoek van die vragmotor. “Tydens die ondersoek het hulle bevind die vragmotor se lisensieskyf het verval. Die bestuurder van die vragmotor is uitgevra oor dokumente van die vragmotor, maar hy het gewelddadig reageer en weggejaag. Hy het amper een van die verkeersbeamptes omgery.”

Die beamptes het hom agternagesit en die voertuig voorgekeer. “Hy het homself in die vragmotor toegesluit en geweier om met die beamptes te praat. Sy werkgewer van Limpopo is uiteindelik gekontak en hy het Tonderai oorgehaal om homself oor te gee.”

Tonderai is in hegtenis geneem en aangekla van poging tot moord en die bestuur van ʼn onpadwaardige voertuig.

Patrick Ncube (Foto verskaf deur die Valke)

“Ander vragmotors van Zimbabwe het die volgende dag ʼn bedrag van R4 000 ingesamel en die verkeersbeampte genader. Hulle het mnr. Baloyi gevra om die saak teen hul makker terug te trek of te laat verdwyn. Hulle het aanvanklik glo onderneem om R10 000 te betaal,” het Sekgotodi bygevoeg.

Baloyi het die saak by die Valke se eenheid in Nelspruit, wat ernstige korrupsie ondersoek, aangemeld. Hy het gesê die vragmotorbestuurders het vir hom omkoopgeld aangebied. “Die span het ondersoek ingestel en Ncube is in hegtenis geneem. Hy het by Tonderai aangesluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek wens daar was meer van die kaliber verkeers polisie beamptes dan was die paaie veiliger en sou mense padreels gehoorsaam het.

Tiptol ·

Mens moet nog sy kant van die saak hoor. Ons polisie doen net soos hulle wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.