Man wou Jan Taks glo met R14 miljoen bedrieg

Argieffoto

Aphiwe Lihle Gulwa (33) is in die landdroshof in Oos-Londen vrygelaat op borgtog van R20 000 ná hy in hegtenis geneem is op aanklag van bedrog.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê Gulwa was die alleen-direkteur van Lihle Izizi, ʼn maatskappy wat vir BTW by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geregistreer is. Gulwa was ook ʼn geregistreerde belastingspraktisyn wat vir al die belastingsake van sy maatskappy verantwoordelik was.

“Hy het VAT201-opgawes deur middel van e-filing by die SAID ingedien vir 2019 en 2020 en ʼn terugbetaling van meer as R14 miljoen geëis. Dit was egter na bewering nie aan sy maatskappy verskuldig nie.”

ʼn Ondersoek deur die Valke se eenheid in Oos-Londen wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, het Donderdag tot Gulwa se inhegtenisneming gelei.

Die saak is tot 11 Maart 2022 uitgestel vir regsverteenwoordiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SjN ·

Raak gulsig, sou nie die eerste Eis gewees het nie, is nou eers uitgevang, verstaan nie, Ek word gereeld geoudit en geen fout was gekry, en dit vir n paar rand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.