Man wou skuld met vuurwapen afbetaal; vas oor meineed

Delft-polisiekonstabel Siphumzile Mzilikazi en die 38-jarige verdagte  Foto: Kapt. Joe Wilson, SAPD.

Delft-polisiekonstabel Siphumzile Mzilikazi en die 38-jarige verdagte Foto: Kapt. Joe Wilson, SAPD.

Die polisie in die Wes-Kaap het Dinsdag gesê ʼn man is in hegtenis geneem nadat hy gelieg het oor die diefstal van sy vuurwapen om ʼn skuldlas af te betaal.

“Die Delft-polisie het ʼn 38-jarige verdagte in hegtenis geneem vir meineed nadat hy ʼn valse saak aangemeld het waarin hy aanvoer dat sy vuurwapen gesteel is,” het polisiewoordvoerder kapt. Frederick van Wyk gesê.

Nadat die man die saak aanhangig gemaak het, het die polisie opvolgwerk gedoen, sy bure ondervra en sy huis deursoek. “Hulle kon geen bewyse vind dat iemand by die huis ingebreek het nie,” het Van Wyk bygevoeg. “Terwyl hulle die verdagte ondervra het, en toe hy met die bewyse gekonfronteer is, het hy erken hy het gejok en dat die verklaring vals is.”

Die verdagte het daarna aan die polisie erken hy het die vuurwapen aan iemand oorhandig omdat hy die persoon geld geskuld het. Hy is in hegtenis geneem op aanklag van meineed en het Maandag in die Bellville-landdroshof verskyn. Die hof sal ook bepaal of hy geskik is om ‘n vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Liewe lulu ·

Moet die persoon in wie se besit die vuurwapen nou is, nie ook aangekla word vir die besit van n onwettige vuurwapen nie. Hy is mos nie die wettige eienaar nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.