Polisiebeamptes in die Oos-Kaap is op soek na booswigte wat ʼn man van Kwanoxolo, tussen Uitenhage en Port Elizabeth, wreed vermoor het deur hom met bakstene aan te rand en aan die brand te steek.
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê die liggaam van Elrico Tiervlei (28) is vanoggend omstreeks 07:20 op ʼn oop stuk grond in Kwanoxolo gevind. Volgens inligting is Tiervlei om 06:00 by die huis weg waarna sy verkoolde liggaam later op ʼn sementblad in die oop gedeelte gevind is.
“Daar was ʼn buiteband om sy nek. Daar word verneem Tiervlei was deel van die Hondekoppe-bende,” het Naidu gesê. “Sy gebrande liggaam is uitgeken deur sy tatoeëermerke. Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat hy deur onbekende mans na hierdie park geneem is waar hy met bakstene aangerand is voordat hy aan die brand gesteek is.”
Naidu sê geen verdagtes is nog geïdentifiseer nie en die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om na vore te kom met enige inligting wat kan help om die oortreders aan te keer. “Die motief vir hierdie brutale moord is ook nog nie bekend nie,” het sy gesê.
Enige inligting kan by lt.kol. Mike Grobler by 082 442 1825 aangemeld word. Naidu het verseker dat inligting streng vertroulik hanteer sal word.
Die Satan is los……ons kan nie eers meer mens genoem word nie….
Jean, hoekom voel jy kan ek en jy nie n mens genoem word nie?
Al wat die wêreld sal verlos is die wederkoms.
Ja, want die wereld is nou vasgekeer in die liberale krimineelbeskermende wurggreep.
Hy moes iets groots gedoen het. Miskien n kind verkrag mens weet nie maar die gemeenskap duld dit gladnie en dien dan hulle eie straf toe. Dit is ongelukkig hoe hulle koppe werk. Dis wreed.
Barbarisme ….. ons beweeg al hoe meer terug na die donker middel eeue …..
Wat verwag ons, ja dit is onaanvaarbaar maar wat moet gedoen word waar die Polisie en Regstelsel baie vinnig besig is om wetgehoorsame burgers se vyand te word ?
Ai, ai, ai… Is dit die nuwe norm? Hoe wreder die moord hoe “magtiger” is hulle? En dan wanneer hulle skuldig is en hul vonnis moet uitdien is hulle “te siek” vd tronk.
Onmenslike manier om te gaan…sal jy dit aan jou vyand kan doen?