Man wys verkoolde oorskot van vermiste vrou uit

Argieffoto

ʼn 26-jarige man wat aan polisie die verkoolde oorskot van ʼn vermiste Oos-Kaapse vrou uitgewys het, sal Maandag in die Motherwell-landdroshof verskyn.

Azintle Feni (25) is verlede week Maandag deur haar ouers as vermis by die polisie aangemeld. Die ouerpaar het aan die polisie gesê Feni is op 16 Junie vir die laaste keer lewend gesien toe sy vir hulle gesê het sy gaan na ʼn partytjie toe. Sy het nooit weer teruggekeer huis toe nie.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê die speurders van Motherwell het onverpoosd gewerk om leidrade op te volg in hul soektog na Feni. Donderdag is ʼn paar mense ondervra wat die polisie kon bystaan in hul ondersoek. Hierdie inligting het die ondersoekspan na ʼn man se huis in Ikamvelihle gelei.

“By hierdie huis het die beamptes ʼn blou Mazda-voertuig in die erf aangetref met tekens van bloed in die motor. Verdere ondersoek het hulle tot ʼn ander huis in Ikamvelihle gelei waar die verdagte gereeld ʼn kamer gebruik. In daardie kamer is daar bloedvlekke op die bed gevind. Forensiese bewyse is in die motor en in die kamer versamel,” het Beetge gesê.

Die polisie het later die dag die verdagte opgespoor en ondervra. “Hy het uiteindelik die polisie gelei na ʼn beboste gebied langs Chalumnastraat in Motherwell. Die verkoolde oorskot van die vermiste 25-jarige vrou is hier aangetref. Die oorblyfsels van ʼn gebrande buiteband is saam met die liggaam gevind,” het Beetge gesê.

Die man is daarna in hegtenis geneem en ʼn klag van moord is teen hom aanhangig gemaak.

Die motief vir Feni se moord is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GM ·

Sy is die 16de Junie laas lewend gesien, maar haar ouers gaan rapporteer dit eers laasweek Maandag, wat alreeds die 25ste was? Die meeste van ons sal die volgende dag reeds onraad vermoed het, dan nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.