Manana betaal boete kontant

Mduduzi Manana buite die Randburg-landdroshof (13 September 2017) Foto: : Lindi Masinga / ANA

ʼn Regsverteenwoordiger van Mduduzi Manana, voormalige adjunkminister van hoër onderwys, het Dinsdag sy R100 000 boete kontant by die Randburg-landdroshof betaal.

Landdros Ramsamy Reddy het Manana Maandag tot 12 maande tronkstraf of ʼn boete van R100 000 gevonnis. Manana moet ook 500 uur gemeenskapsdiens voltooi, berading ondergaan en elk van sy slagoffers skadevergoeding betaal volgens die eise wat deur die staat ingedien is.

Reddy het in sy uitspraak gesê om “stabane”, ʼn neerhalende term vir ʼn homoseksuele persoon, genoem te word, het Manana nie die reg gegee om die drie vroue aan te rand nie. “Dit was neerhalend vir die vroue om so ʼn afbrekende ervaring te ondergaan,” het hy gesê.

Manana is vroeër skuldig bevind op drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy skuld op die aanklagte beken het. Die aanklagte hou verband met die aanranding van Mandisa Duma, Noluthando Mahlaba en Thina Mopipa op 6 Augustus by Cubana in Fourways.

Manana het in Augustus uit sy amp bedank weens dié skandaal.

Nqobizitha Mlilo, vir Manana, het gesê ʼn reëling is met die hof getref om die boete vandag ná 12:00, wat die afgesproke spertyd was, te betaal omdat Manana reeds met sy 500 uur gemeenskapsdiens begin het.
Manana het ʼn week kans om skadevergoeding aan Duma, Mahlaba en Mopipa te betaal.

Die vonnisverrigtinge van sy medebeskuldidges, Cyril Madonsela en Thulani Mdaka, sal Donderdag begin.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Adam ·

Baie bevoorreg!! In Die sakewereld moet enige kontant transaksie bo die bedrag van R24999 aangemeld word itv die FIC wet (FICA). Hier loop ‘n man en swaai R100000 in die lug rond.

langeraat ·

Kontant nogal geen geld spoor wat nagelaat word nie. Dit is slim sodoende kan sy borge nie op gespoor word nie.

kat ·

Het dit seker by die pettycash gekry by die staatskas. I O Y of gratis
Of by die Guptas.

Cor ·

Seker uit sy spaarvarkie wat in Saxonworld op hok staan en vet gevoer word

Leonie ·

Moet kontant betalings bo R25 000.00 nie verklaar word nie?…is dit nie in die geval ook van toepassing nie?

Muffin ·

Ek wonder waar is die kontant nou. Is dit in die Staatskas gedeponeer

Swart Piet ·

Daar sal seker ook “borge” wees wat sy gemeenskapsdiens namens hom doen.

Frikkie Geld en huis ·

Landdros Reddy kon self nie die naam van die plek, waar Banana gemeenskapsdiens moet verrig, behoorlik uitspreek nie. So, ek twyfel sterk of daar so ‘n plek bestaan en of Banana gaan gemeenskapsdiens verrig.

jaco ·

Voor almal díé man te veel kritiseer oor waar die R100 000 vandaan kom: Onthou asb dat ELKE gewone parlementslid (ook DA en VF-Plus lede) R1.3miljoen PER JAAR betaal word. Daarby kom verniet vlieg, n lekker huis en motor en n vet petroltoelaag en n onthaaltoelae. Maar melk en brood kos dieselfde vir húlle as vir my, so ‘n reusagtige bedrag kan gespaar word. Eintlik hou elkeen van hulle, selfs dié van partye wat so kla oor vermorsing En korrupsie, maar lekker aan sy eie mini-Nkandla.

Daar's Geld ·

In hedendaagse terme is R1.3m p.a. nie regtig baie vir hd politici nie. Hul leefstyl in ag geneem is daar maandeinde bitter min oor om vinnig ‘n los R100k beskikbaar te maak uit ‘n R1.3m p.a. salaris. Hierdie ouens het toegang tot ander fondse waarvan ons nie weet nie, of iemand anders gee dit vir hulle.

Hoe bv, kon Julius Malema as ANC Jeugleier soveel geld uit sy junior salaris maak dat hy vir SARS R16m skuld?

SjN ·

Bestelling geplaas by die gupta drukkery in Saxonworld, dit neem 3 ure om die druk proses af te handel dus het hul reelings getref met die hof om dit na 12 in te betaal,

Dubbel-en-Dwars ·

R100k omdat hy drie vrouens fisies aangerand het, en hy betaal kontant. Maar Penny Sparrow kry R150k oor ‘n oe”nskynlik rassistiese twiet en haar loopbaan word vernietig en sy’s nou ‘n voortvlugtende armlastige. More-oormore word Mnr Manana in ‘n ander senior pos ontplooi, maar Penny Sparrow is nog steeds haweloos. Hoe nou?

Is dit nie dubbelstandaarde nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.