Manana by kommissie vir geslagsgelykheid aangegee

Mduduzi Manana. Foto: Flickr/Governmentza.

Bathabile Dlamini, minister van sosiale ontwikkeling, verbreek weer eens haar eed nadat sy dié keer sommer so teenoor die Sunday Times erken het sy dink nie daar moet aksie geneem word teen Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, nie “omdat daar baie ander leiers in die regering is wat aan baie ernstiger misdade skuldig is”. So het die IFP Sondag in ʼn verklaring gesê.

Liezl van der Merwe en Thembeni KaMadlopha-Mthethwa, albei IFP LP’s, het gesê Dlamini het duidelik haar rol as die regering se beskermheer vir geslagsgebaseerde geweldsprogramme vergeet.

Intussen het die DA gesê dat hy Manana by die kommissie vir geslagsgelykheid sal aangee ná bewerings wat Sondag in die media verskyn het dat hy sy werknemers mishandel het. Hlomela Bucwa, woordvoerder van die DA, het gesê die party is gewalg deur aantygings van mishandeling wat glo teen vrouewerknemers gepleeg word.

“Aantygings sluit in dat hy op sy voormalige sekretaresse gevloek het, haar in die winter buite sy woonstel in Kaapstad laat sit het van 00:00 tot 02:00 ‘om haar te straf’, en dat hy werknemers forseer om vir hom kos te maak en sy huis skoon te maak,” het Bucwa gesê.

Die DA meen sulke optrede is seksisties en hy sal die kommissie vra om aanbevelings aan die parlement sowel as die Menseregtekommissie te doen in terme van verdere stappe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leahim ·

Hoekom is hierdie man nog nie gearresteer nie hoekom word hy beter behandel as die kfc manne?

Driekie ·

Ek gee nie om of hulle hom by die DBV aangee nie hoekom kry hy voorkeurbehandeling ,die DA en Solidariteit is net so lagwekkend groot op assumption en vingerwys sonder feite maar doodstil tipies afrikaner mentaliteit.

TvA ·

Driekie,
Miskien moet jy eers leer om behoorlike Afrikaans te skryf voordat jy neerhalend van Afrikanermentaliteit praat!

Jacques Venter ·

Hallo Driekie
Net twee vragies.
1 Wat is die essensiële elemente van “Afrikanermentaliteit” soos jy noem ?
Hoe verskil ” Afikanermentaliteit” van die mentaliteit van ander Suid Afrikaners ?

Ek glo jy kan vir ons baie insiggewende inligting gee. Dankie daarvoor

Jacques Venter ·

Toe ek op skool was, het ons dikwels die opstel onderwerp gekry: ” Suid Afrika die land van kontraste”

Dat Manana na bewering n vreeslike ding gedoen het deur n vrou aan te rand is waar. En optrede is nodig.

Hier teenoor is daar gerigte dat n sekere gesin die land van biljoene beroof, maar niks absoluut niks word aan hulle gedoen nie.

Voorwaar n land van kontraste!!!

Eish ·

Sjoe, laat ek weer probeer. Dit is n feit soos n koei dat aanstellings in die mistige moeraswerêld van politiek in totale teenstelling is met die privaatsektor, waar n weldeurdagte keuringproses grootliks die waarskynlikheid uitskakel om n moerasburger aan te stel met anti sosiale gedragseienskappe. Psigometriese toetse, agtergrondkeuring asook leuenverklikkerstoetse is n groot hulpmiddel om die korrekte aanstellings te verseker. Verder word kandidate vir senior poste oor baie jare voorberei vir die posisies. Die resultate kan duidelik gesien word in die bestuur en finansiële resultate van instansies soos Eskom en die SAL te vergelyk met byvoorbeeld Tiger Brands en PSG.

karen ·

volg …. Ja hoekom is hy steeds nie gearresteer ? hoekom het hy volmag om na die skool te gaan waar die meisiekind jaar gelede geslaan en geskop is? Die hoof is in die moeilikheid omdat hy niks daaraan gedoen het en die klein snip wat die video recording gemaak het en haar ouers wat stilgebly het – O Wee August is womens month Al waarvoor ek wag is die baardman waat sy misnoee gaan bekend maak ! Komaan dis nou die Erge Afrikaanse organisasie se kans om op die kaart te kom Se net iets!!!!!

wollie ·

As die DA nie iets doen nie gebeur daar ook niks nie. Waar is die ander partye?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.