Manana gevonnis oor aanranding

Mduduzi Manana in die hof (13 November 2017). Foto: Lindi Masinga/ANA

Mduduzi Manana, voormalige adjunkminister van hoër onderwys, is Maandag in die Randburg-landdroshof gevonnis nadat hy vroeër vanjaar drie vroue by ʼn nagklub in Johannesburg aangerand het.

Landdros Ramsamy Reddy het Manana tot 12 maande tronkstraf of ʼn boete van R100 000 gevonnis. Manana moet ook 500 uur gemeenskapsdiens voltooi.

Reddy het in sy uitspraak gesê om “stabane”, ʼn neerhalende term vir ʼn homoseksuele persoon, genoem te word, het Manana nie die reg gegee om die drie vroue aan te rand nie. “Dit was neerhalend vir die vroue om so ʼn afbrekende ervaring te ondergaan,” het hy gesê.

Manana is vroeër skuldig bevind op drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy skuld op die aanklagte erken het. Die aanklagte hou verband met die aanranding van Mandisa Duma, Noluthando Mahlaba en Thina Mopipa op 6 Augustus by Cubana in Fourways.

Manana het in Augustus uit sy amp bedank weens dié skandaal.

Manana het verlede week die hof versoek om hom verkieslik ʼn boete op te lê. Hy het gesê ondanks sy skuldigbevinding is hy van mening dat hy steeds toegelaat moet word om ʼn vuurwapen te hanteer, aangesien hy nog nooit skuldig bevind is aan ʼn gewelddadige misdaad nie.

Lees alle vorige berigte oor Mduduzi Manana op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Aitoggie ·

Ja die hof is nogal gevra om eerder n boete op te le. Ons het nie keuses nie. As dinge anderste om was, het hy vir baie lank gesit.

Evanthe ·

Hy het die vrouens liggaamlik ernstig aangerand nie net skrikgemaak nie. Die regter se verweer vir die uitspraak is dat daar altyd ook die keuse van ‘n boete is. As dit so is hoekom het die twee betrokke mans nie die keuse gekry nie?

Cherokee ·

Klink of hy nie verstaan dat hy deur landdros Reddy skuldig bevind is aan ‘n gewelddadige misdaad.

SjN ·

Hoe het hy die pos beklee/beklee met sy vorige oortredings op rekord

Evanthe ·

Dit is vandag nie wat jy gedoen het nie maar wie jy is. Sake kan dalk verdwyn as jy bereid is om te betaal? Neem nou maar die saak van Malema se prokureur wat aangekla is van poging tot moord op 4 werkers. Hy het en maal in die hof verskyn en toe nooit weer nie? Drie maande later ontvang die werkers 100 mil om Zebediela van bankrotskap te red en Tumi Mokoena praktiseer voort as prokureur.

bgj van der westhuizen ·

ja as hy wit was dan het hy 11 jaar gekry maar hy is swart en kry of 12 maande of 100 000 and boete dit is n bewys dat ons reg stelsel wat dit moet toe pas nie bevoeg is om die werk te doen nie een wet vir almal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.