Manana se vriende in hof oor aanranding

Cyril Madonsela en Thulani Mdaka (middel) buite die Randburg-landdroshof (6 Oktober 2017). Foto: Lindi Masinga/ANA

Twee vriende van Mduduzi Manana, die voormalige adjunkminister van hoër onderwys wat bedank het nadat hy erken het hy het drie vroue by ʼn kuierplek in Fourways aangerand, het Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn in verband met hul aandeel in dié voorval.

Die voorval het in Augustus in die vroeë oggendure in Cubana gebeur. ʼn Video van Manana en sy vriende wat die vroue aanrand is wyd op sosiale media versprei. Die voorval het opslae veroorsaak met talle mense wat geëis het dat die adjunkminister moet bedank.

Manana het drie weke gelede skuld erken op drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat en die saak duur voort.

Manana was nie Vrydag by die hof om sy vriende, Cyril Madonsela (35) en Thulani Mdaka (30), te ondersteun nie. Madonsela en Mdaka word aangekla van die aanranding van Mandisa Duma, Thina Mopipa en Noluthando Mahlaba.

Albei mans het skuld op die aanklagte teen hulle erken. Madonsela en Mdaka is gevolglik skuldig bevind en die saak is tot 7 November uitgestel vir voorvonnisverrigtinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

When days are dark,
friends are few.
Even your shadow leaves you in darkness!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.