Manana twee keer vantevore skuldig bevind

Mduduzi Manana, voormalige adjunkminister van hoër onderwys, in die hof (8 November 2017). Foto: ANA/Lindi Masinga

Dit het Woensdag in die Randburg-landdroshof aan die lig gekom dat Mduduzi Manana, voormalige adjunkminister van hoër onderwys, twee maal vantevore op strafregtelike aanklagte skuldig bevind is.

Die staat het hierdie inligting aan die lig gebring op die tweede dag van die vonnisverrigtinge teen Manana wat voorheen skuld erken het op drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer ná ʼn onderonsie by ʼn nagklub vroeër vanjaar. Manana het uit sy amp bedank as gevolg van dié skandaal.

Die hof het Woensdag gehoor dat Manana twee keer vantevore, in 2004 en 2005, op  aanklagte van diefstal skuldig bevind is. Adv. Anne-Marie Smith, die staatsaanklaer, het dokumente oor Manana se vorige skuldigbevindinge by die hof ingedien.

Manana het destyds ʼn R500 skulderkenningsboete betaal nadat hy ʼn blikkie Coke gesteel het. Hy het in daardie tyd aangevoer hy het bloot “vergeet” om vir die koeldrank te betaal.

Michael Motswaneng Bill, Manana se regsverteenwoordiger, het ter versagting van vonnis gesê sy kliënt werk aan sy “woedebeheer” en het ʼn organisasie op die been gebring vir mans wat geslagsgeweld wil stopsit.
Manana is skuldig bevind op drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy skuld op die aanklagte erken het. Die aanklagte hou verband met die aanranding van drie vroue op 6 Augustus by Cubana in Fourways.

Hy het die hof versoek om in ag te neem dat hy nie meer ʼn adjunkminister is nie en dat sy inkomste dus verminder het. Hy het gesê hy moes ook sy regskostes betaal en die mediese rekeninge van sy slagoffers van ongeveer R37 000.

Manana het die hof versoek om ʼn gepaste vonnis, verkieslik ʼn boete, op te lê en het gesê ten spyte van sy skuldigbevinding is hy van mening dat hy steeds toegelaat moet word om ʼn vuurwapen te hanteer, aangesien hy nog nooit skuldig bevind is aan ʼn gewelddadige misdaad nie.

Die hofverrigtinge duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eish ·

Twee vorige klagtes van diefstal.
Nou aanranding.
Sal graag wil sien hoe lyk sy rekord na 20 jaar.
Mnr. ” Bury them alive!” is duidelik uit sy diepte gewees met die adjunk ministerspos.
Tragies dat mense met n totale afwesigheid van karakter die tipe posisie in die samelewing kan bekleë.

Hester ·

So dan maak hierdie hom ń gewoone misdadiger wat weereen’s daarmee gaan wegkom

Dirk ·

Onlangse saak in ag genome en beserings ter sprake sal 25 jaar seker nie onvanpas wees nie? Kom ons hou angstig dop

willie ·

hy behoort nie ñ kettie te besit nie ongeag nog ñ vuurwapenlisensie!

Denise ·

Snaaks dat hy so n hoe pos beklee het met al sy bad habits en nou kla hy oor al die onkostes en sy salaris wat nie meer so baie is nie ai ai die geleerdes verwag baie?????

Jacques ·

Net aanranding ? Wat van poging tot moord soos in ander sake onlangs ??? Ten minste 25jaar plus om hom uit die samelewing te kry vir nou .

Die skim ·

….wonder oor die vonnis of dit verglykbaar gaan wees met die manne met die kis. Daardie vrouens was net so weerloos teen die adjunk minister. Soos ons adjunk minister het hulle hul totale? inkomste verloor en was ook nog nie skuldig aan vorige misdrywe en geweldadige misdade nie?

Piet Pompies ·

Nogal ‘n duur blikkie Coke daardie, R500…. mmm laat mens wonder of hy nie dalk ‘n groter probleem het as wat hy voorgee… steel en slaan is nie ‘n goeie kombinasie

Cherokee ·

Dit is teleurstellend om te verneem dat iemand in ‘n parlementêre posisie aangestel word sonder nagaan van sy kriminele rekord. Dit verduidelik egter hoe ‘n stigterslid van ‘n bende wat bomme in winkels en spoorwegstasies plant, ‘n staatspresident kan word.

Beer ·

Hy is besig om die regte CV te bou vir toekomstige groter posisies in die ANC en regering.

Hans ·

Met so n kriminele rekord word mense as ministers in die parkement aangestel om die algemene publiek te verteenwoordig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.