Manana weer in hof oor aanranding

Mduduzi Manana. Foto: Flickr/Governmentza.

Die vonnisopleggingsverrigtinge in die saak teen Mduduzi Manana, die voormalige adjunkminister van hoër onderwys wat bedank het nadat hy erken het hy het drie vroue by ʼn kuierplek in Fourways aangerand, is Dinsdag in die Randburg-landdroshof uitgestel.

Michael Motswaneng, vir die verdediging, het gesê hulle het eers Maandag die proefbeampte se verslag en Dinsdag die korrektiewe dienste se verslag ontvang. Hy voer aan dat hulle dus nie tyd gehad het om deur albei verslae te werk nie.

Anne-Marie Smith, die staatsaanklaer, het saam met die verdediging gestem om die saak te laat uitstel.

Landdros Ramsamy Reddy het die onderskeie regspanne gevra wat tydens die agt weke lange uitstel van die saak plaasgevind het. Smith het laat hoor dat daar baie konsultasies moes plaasvind en dat die beskikbare tyd nie genoeg was nie.

Reddy het die uitstel toegestaan.

Die vonnisoplegging van Manana se medebeskuldigdes is in ʼn ander hof uitgestel tot 16 November.

Manana se saak sal Woensdag voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jaco ·

Ek sou hierdie gesloer nog kon verstaan as sy slagoffers wit was, maar hulle was nie. hulle is net so swart soos hy. gee ons regstelsel wat reeds so anti-wit is dan ook nie veel om vir swart mense nie? Of geskied geregtigheid NET as daar swart slagoffers van wit geweld was?

Vryheid ·

En die vonnis is dus……………….. onskuldig !

Eish how sorry.

Dirk ·

Kom ons hou die saak angstig dop. Kry mos al voortyd berading wat baie bydra vir versagting en onskuld.
Wat sal my geldige epos adres wees volgens Maroela

Johann ·

Hierdie slapgewrig vroueslaner gaan eenvoudig sy Zupmaikie status aanvoer en weg loop met geen gevolge nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.