Mandaryns voortaan ’n tweede taal in SA-skole

skool

Foto: Argief.

Mandaryns sal voortaan as ʼn opsionele tweede taal aan leerlinge van gr. 4 in Suid-Afrikaanse skole aangebied word.

Elijah Mhlanga, hoofdirekteur van kommunikasie by die departement van basiese onderwys, het aan Maroela Media bevestig dat dié verandering van Januarie geïmplementeer sal word en die besluit is reeds in die Staatskoerant gepubliseer.

Mhlanga voer aan dat Mandaryns in skole aangebied sal word wat die nodige hulpbronne tot hulle beskikking het. Skole wat nié die hulpbronne beskikbaar het nie, moet volgens Mhlanga nie bekommerd wees nie, aangesien die vak nie verpligtend is nie.

By navraag waar die onderwysers vir die taal afkomstig gaan wees, het Mhlanga gesê: “Skole wat dit kan bekostig sal die taal aanbied en dié wat nie onderwysers het nie, sal ʼn plan maak, maar as hulle dit nie doen nie is dit steeds in orde. Daar is nie druk op enigiemand nie. Dit is die skole en ouers se prerogatief as hulle dit graag genoeg wil hê”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Theresa ·

H K G K!!! Hier begin hulle alweer met ‘n ding. Krap waar dit nie jeuk nie!!

Patrick ·

Every Chinese speaks English!
Should our kids not be learning Black – so they can communicate better here?
If a kid does black & chinese but no english or afrikaans he is in serious work place trouble!

zahn ·

Patrick, het jy al gehoor van “honourary blacks”? Hulle het speisale vegunning gekry my maat, hulle word geklassifiseer as swart, net om dieselfde voordele te kan kry. Deel van die ooreenkoms met China gewees, die regering word betaal vir elke chinees wat hierdie kant toe gepos word.

feite ·

Partykeer moet mens eers bietjie navorsing doen voor sulke kommentaar gelewer word

Nic Grobler ·

Asof 11 tale nie genoeg is om onder die knie te kry nie. Hierdie is ‘n deursigtige knieval voor die Chinese kommunisme.

Marilize ·

Oulike vroeë April Fool’s grappie, maar terloops, Mandaryns is die taal wat deur die meeste mense op aarde gepraat word. Dus is dit dalk nie so ‘n slegte idee om hom aan te leer nie. ;-)

Eish! ·

Wel indringers word begunstig! Nog ‘n rede om skole af te brand! Hier gaan ons!

Christa van Staden ·

Dit moet in die kiem gesmoor word – Chinees is nie een van die 11 amptelike tale nie en kan daarom nie as ‘n tweede taal in ons land aangebied word nie. Derde taal – ja -maar tweede taal gaan ons in die kiem moet smoor.

CHRISTA ·

Wie gaan die boeke voorsien? Ons Onderwysdepartement kan nie eers die standaard boeke aan ons skole voorsien nie. Dit lyk my ons regering bestaan net uit ‘n klomp mamparas (of het een van hulle weer ‘n kontrak gekry om die boeke in te voer?).

Hendrik Deysel ·

In besigheid is kennis van n spesifieke taal nie nodig nie; geld wat stom is maak nie net reg wat krom is, dit praat ook enige taal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.