Mandela-borsbeeld onthul

Foto: @PietervanDalen, Twitter

Foto: @PietervanDalen, Twitter

ʼn Borsbeeld van oudpresident Nelson Mandela is Maandag by die parlement in Kaapstad onthul.

Pres. Jacob Zuma het tydens die onthulling gesê die parlement sal steeds Mandela se nalatenskap bevorder. Hy het ook hulde gebring aan oudpresident FW de Klerk wat ook die onthulling bygewoon het.

Zuma het Suid-Afrikaners aangespoor om demokrasie en vryheid te vier deur op 7 Mei aan die algemene verkiesing deel te neem.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng, voormalige speaker Frene Ginwala, ministers uit die kabinet en adjunkministers, provinsiale premiers, die burgemeester van Kaapstad Patricia de Lille, lede van die diplomatieke korps en verteenwoordigers van burgerlike organisasies het die onthulling bygewoon. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

marius durandt ·

Al hierdie Baalse beelde wat opgerig word sal afgebreek word.

Anita ·

Hoeveel nog!!!!!! Ek weet van baie baie mense wat nie kos het wat nie dakke oor hul koppe het. Ek weet van slaggate. Ek weet van armoede. Ek weet van infrastruktuur in woonbuurte wat aandag nodig het. Ek weet van derduisende werkloses. En ek praat nie net van voorheen benadeeldes nie!! Wat wil jul nog hoor?? Kan die borsbeeld geld nie gebruik geword het daarvoor?

Daantjie Maartens ·

Waarheid. ( Min weet hulle vd klein Verwoerd-beeldjie in sy oor. )

Sarie ·

Jy mag voor My aangesig geen gesnede beelde aanbid nie Hierdie verering van Mandela is niks anders as humanisme nie

Babs ·

Mandela wie? Klaar vergeet. Het miljoene toe die onthulling bygewoon of net die wat gedink het dit word van hulle verwag om daar te wees . Kon darem baie spoeltoilette gekoop het met daardie geld. Dan is daar mos minder om oor te betoog. As Mandela ‘n Christen was sou hy voor sy dood gevra het dat daar geen afbeelding gemaak moet word. Gelukkig sien jy Zuma s’n eke dag in hardewaarde wikels – stortkoppe van alle soorte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.