Mandela-dag vandag wêreldwyd gevier

Nelson Mandela Foto: WITS

Nelson Mandela-dag word vandag by verskeie geleenthede en op plekke reg oor Suid-Afrika gevier.

Die geboortedag van dié staatsman en voormalige president van Suid-Afrika, 18 Julie 1918,  word ook buite die landsgrense gevier.

Die vierings in Pretoria sluit in ʼn tentoonstelling van Nelson Mandela se Long Walk to Freedom op die Sammy Marks-plein.

In Limpopo sal die departement van regeringskommunikasie en inligtingstelsels in samewerking met plaaslike munisipaliteite, die provinsiale regering en Samsung Mobile SA die dag saam met verskeie rolspelers by die Moletjie Thusong-dienssentrum in Polokwane vier.

In KwaZulu-Natal sal die provinsiale LUR vir finansies, Belinda Scott, Mandela-dag saam met kinders van die Zimele-tehuis vir gestremdes in Molweni deurbring. Scott sal help om gedeeltes van die gebou skoon te maak en in die tuin werk om die boodskap tuis te bring dat dit belangrik is om in ʼn skoon omgewing te woon.

By die parlement in Kaapstad se besoekersentrum sal behoeftiges van 12:00 toebroodjies en sop kan kry. Die sentrum is op die hoek van Adderley- en Waalstraat geleë.

Die Verenigde Nasies (VN) het mense regoor die wêreld versoek om Nelson Mandela-dag te vier deur ʼn verskil in hul gemeenskappe te maak en om só die lewe van dié voormalige president te herdenk. “Almal het die vermoë en die verantwoordelikheid om die wêreld ten goede te verander en Mandela-dag is ʼn geleentheid vir almal om iets te doen en verandering teweeg te bring,” het die VN op sy amptelike webtuiste gesê.

Mandela, wat op 5 Desember 2013 in die ouderdom van 95 dood is, het 67 jaar van sy lewe daaraan gewy om die mensdom te help. Die idee van “67 minute vir Nelson Mandela-dag” het tydens Mandela se 90ste verjaardagviering in 2008 begin toe hy gesê het: “Dit is tyd vir nuwe hande om die las te verlig. Dit is nou in jou hande.”

Verskeie Suid-Afrikaners sal vandag 67 minute van hul tyd opoffer om in hul gemeenskappe op een of ander manier mense se las te verlig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Ouvrou ·

Raai wat doen ek op Mandela-dag. Ek is vir 2 dae tuis sodat werkers my elektriese heining met ‘n nuwe een vervang. Die ou stelsel het na 11 jaar gesterf. Ek gaan nie ‘n uur vir welsyn, armes, bejaardes ensure werk nie. Ek is arm en bejaard en moeg gewerk vir ‘n korrupte staat.

not in wonderland ·

Saterdag by die supermark wil iemand sowaar geld van my hê vir een of ander “cause” verwant met die dag. Ek het my stokdoof gehou.

Jeannette ·

@Ouvrou, ek stem: wat ek het, het ek voor gewerk en werk ek steeds voor. Basta met 67 minute van my kosbare tyd afstaan om ‘n “cause” te ondersteun waarteen ek gekant is. Basta met kos te skenk aan mense wat te lui is om te werk. Basta met sanitêre doekies gee aan meisies wat uit vrye keuse uit die skool bly omdat hulle nie sanitêre doekies kan koop nie, maar hulle kan wel die nuutste slimfoon/tablet besit en etlike rande se databondels aanskaf. Ek wonder nou – dié meisies wat nie skool toe gaan omdat hulle hul maandelikse siklus het nie – wat doen hulle dan heel dag by die huis? Sit op die put-toilet of op ‘n koerant in hul ‘shack’ tot dit verby is?

Mense se denkwyse in SA moet heeltemal op sy kop omgedraai word. Daar moet opgehou word om heeltyd te gee, te gee en nogmaals te gee. Hierdie SASSA-gelde vir kinders wat kinders het wat kinders het en ‘n hele spul onwettige inkommers moet gestaak word. Al mense wat werklik staatspensioene verdien is die oues van dae en gestremdes. Vir die res moet daar werk GESKEP word. En ons SAners moet ons luiheid stopsit en uitspring.

Eish ·

Eish, ek kan my ook nie sover kry om n mens te vereer nie. Veral een wat geweld gebruik het om sy doel te bereik nie. Arme Dawid was n man na die Here se hart en hy wou bittergraag die tempel bou. Ongelukkig was daar te veel bloed aan sy hande en sy seun kry toe die eer. My God is n jaloerse God en verdra dit glad nie dat ek mense vereer pleks van Hom nie. Hy sê ek moet Hom liefhê met my hele hart en siel en verstand en met al my krag. Oor my medemense sê Hy ek moet hul liefhê soos myself. Daarmee is ek OK want ek wil nie Hom teleurstel nie.

Sann ·

Ouvrou, al my respek vir die generasie wat nou in die grond in vertrap word, deur die leuens van die “onderdruktes” en die Mandela beneweldes. Dis julle wat meetbare voorspoed gebou het, nie hierdie Utopia waarmee hedendaagse mense gebreinspoel word nie. Enige een wat nog wonder wat hulle op hierdie dag kan doen : gaan kyk “Tainted Heroes” op YouTube, en word wys. Die volle dokumentêr sal jou so 2x 67 minute besig hou.

Jakalas ·

Dis waarvoor ek belasting betaal. Dis al klaar vir “Love and Charity”.

Anoniem ·

Ek vier nie Mandela dag nie en kan nie verstaan hoekom daar so bohaai oor hom gemaak moet word. Christus wat aan die kruis gesterf het en wat uit die dood opgestaan het verdien vierringe maar die mensdom is skaam om die naam van Jashua eer te gee

Jaco ·

Dit gaan my verstand te bowe dat mense ‘n ander mens op ‘n troon plaas. Mandela het mense dood gemaak, deur bomme te plant, en nou is hy ‘n hero in die wereld se oe. Hoekom word daar nie ‘n JESUS dag wereld wyd gevier nie. Pateties.

Jakalas ·

En Amerika verstaan nie daai konsep nie. Dis amper dieselfde as hulle moes Bin Laden vereer het vir 911. Dis omdat ons gesien was as die slegte mense oor hoekom hulle nie om gegee het oor of ons deur hulle dood gemaak word nie, want hulle het geveg vir “vryheid”. Doen ons dit nou vir ons vryheid, dan gaan jy nie die einde daarvan hoor nie.

Kosie ·

Moet asb. nie die bybel hier inbring nie. Apartheid was seker die mees walglikste stelsel ooit maat daar is mense en kerke wat dit wil regverdig en verdedig. En hierdie mense wat so maklik snert praat van mense in shacks en so aan, julle weet nie waarvan julle praat nie. Gaan bly JY in daai omstandighede dan praat ons weer.

Kom Ons Boks ·

Wat my walg is die rasse uitbuiting wat vandag meer en erger is as ooit voorheen. Wat my walg is die korrupsie, swak ekonomie, massa onluste, wetteloosheid, rekord roof, moord, en verkragting wat genormaliseer word. Wat my walg is dat ek nie my volksliedere mag sing in die publiek sonder om oorgehaal te word as ‘n rassis nie. Wat my walg is die feit dat sedert Sy vrylating, ek nou agter tralies moet sit in my private woning. Wat my walg is die stedelike verval en my en U kinders wat heel moontlik sal land moet verlaat agv rasse wetgewing soos BBBEE, RET ens. Wat my walg is dat sekere dele van die demografie so ydel is dat hul nie rasiste genoem kan word nie. Wat my walg is die ongelooflike, amper weeklikse, geweld teenoor my mense op plase. Wat my dan selfs meer walg is mense soos U wat nie kan insien dat die huidige bestel eintlik Politieke Korrekte Apartheid is wat reeds baie meer bloed op hande het nie… #OurLivesMatterEvenIfWeDon’tLiveInShacks

Andre ·

@Kosie: hoe lyk die teenpool van apartheid vir jou waarin ons tans leef? Ons wag vir jou reaksie

Pieter ·

Andre, Kosie kan jou nie antwoord nie want die huidige stelsel van onbeheerde moorde, korrupsie en misdaad is duisende kere erger as enige iets in apartheid wat Kosie so vreeslik pla.

Marcel ·

Hoe vinnig vergeet mense nie dat hy verantwoordelik was vir daai kerkplein bom nie? Dis mos maar hoe geskiedenis gaan, onthou net wat hulle wil.

Kom Ons Boks ·

Elke keer wanneer ek na die foto’s van die slagoffers kyk traan my oe toe Marcel. Het amper 2x familie lede verloor daai dag. Jammer maar ek kan nie met goeie gemoed die dag vier nie.

vrikie ·

Ek gaan vandag vir 67 minute (en nog ‘n paar ure)braai en dink hoe papwiel ons uitverkoop het

FIEKIE ·

My kinders wat in die creche is het kom sokkies soek vir die minderbevoorregtes. My antwoord aan hul was ons vier nie Mandela dag nie. As ons kan, gee ons enige dag. Ons het nie 1 dag nodig om goed te doen nie. Ons vier Christen-dae, nie Mandela dag nie.
My klein dogtertjie sê vir haar juffrou Mamma sê ons dien nie 2 gode nie. Juffrou is baie onsteld en ek val van my stoel af van die lag.
Groot misverstand, maar super bly sy het dit so oor gedra

Andre Traut ·

Waarheen kan ek vir daai kind n groot sjokolade stuur, uitstekend hahahahaa

CJ ·

Die artikel stel dit dat “Mandela….. het 67 jaar van sy lewe daaraan gewy om die mensdom te help”. Ek neem aan dit is die Maroela redaksie se siening. Dit word nie gemeld dat hy ‘n medestigter van Umkhuto we Sizwe is nie en dus die sogenaamde “gewapende stryd” begin het nie, of dat hy tydens die Rivonia verhoor (1963-64) daaraan skuldig bevind is dat hy die regering met geweld wou onverwerp, mense daarvoor gewerf het, buitelandse militêre ingryping in die RSA wou steun of kommunisme bevorder het nie. Ook nie dat hy, nadat PW Botha ingestem het om hom vry te laat indien hy geweld sou afsweer, geweier het nie. Die berig versterk die mite wat oor hom opgebou is. Baie teleurstellend!

Scalla ·

Ek en n paar pelle gaan vanaand probeer om 67 biere te knak, dis ons bydrae tot die geleentheid.

Paulus ·

Deur enigiets vir hom, of in sy naam, of . Hy is dood. Dood. Hy kan nie reageer op ‘n eerbetoon, weldaad, liefdesuiting of watookal opgedra aan hom nie. Hy is dood. Slegs die lewende God verdien sulke eerbetoon, daagliks, en nie net 67 minute nie.

Mandeladag is afgode-diens wat deur die Mandelastigting begin is en deur groepsdruk op mense afgedwing word.

Christo ·

Ek is ook teen die ding dat mense aangaan of N Mandela ‘n god is,,,,,,,,,,,,,,,,,Daar is net een GOD, gaan lees ook jou bybel en jy sal weet wat die boodskap van GOD is en lewe jou lewe daarvolgens. Liefde is die belangrikste en so ook jou empatie met jou medemens wat seker insluit barmhartigheid,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Helene ·

Ek vier definitief nie Mandela-Dag nie. Ek dien elkgeval net een Man!! En as ek ‘n geldelike bydrae maak, sal dit vir diere-organisasies gaan.

E ·

Ek moet bieg ek kan nie onthou wanneer laas ek in my lewe 67 minute gebid het nie, of ooit! Daar is net 1 God.

Disselboom ·

Mense wat Mandela met vrede en versoening verbind, ken nie die geskiedenis nie. Disselboom weet hy mors sy tiktyd hier, maar gaan tog die voorstel maak dat Maroela Media ‘n artikel of twee uit die hofrekords van die Mandela-verhoor plaas waar die bloedvergieting wat hy beplan het behoorlik uiteengesit is- mense vergeet hy is nie sommer net in die tronk gestop nie; daar was ‘n beskaafde verhoor waar baie feite in ag geneem is; en het Mandela ooit geweld afgesweer? Dan kan Kraal Uitgewers ook die boek: “Maskers Af!” oor die Rivonia-verhoor herdruk en te koop aanbied. Maar nou ja, dit alles pas nie die narratief van die nuwe Suid-Afrika nie. Ouvrou, jy praat namens baie van ons. Maar ons gaan nie lê nie, selfs al dra ons Afrikaanse media ook saam aan van die onwaar persepsies oor Mandela: Vir ons geld: “Gewond maar nie oorwonne nie” en “Doodkry is min”.

Kom Ons Boks ·

Groot waarheid Disselboom. As jy na sy geskiedenis kyk was Mandela verreweg meer militant as leier van die ANC Jeugliga (1950-1960) as wat Juju (leier 2008 -2011) ooit was of kan droom. Snaaks hoe vandag se wysheid blykbaar altyd meer insigte het oor die wysheid van destyds…

M'Lady ·

Ek ondersteun net diere welsynsorganisasies. Hulle steek jou nie in die rug of verkoop jou uit nie. Hulle gee net onvoorwaardelike liefde.

Antoinette Tredoux ·

O nee die dag is nie n viering nie, wat vier ons? Die begin van die einde? Nee dankie, dis net n gewone dag

Erick ·

Ek gaan vir 67minute sit en dink hoe Mandela een van die stigterslede van Umkhonto we Siswe was.

Johan. H. ·

Julle alma hier bo praat die waarheid, . Ek het vandag n wit gesin finansieel gehelp, Dis waar dit stop en natuurlik help ek graag diere organisasies, met die grootste plesier,,, Ek ondersteun nie kunsmatige heros nie , ook geen terroriste organisasies nie en glad nie hierdie ou met die 5 vroue en 20 kinders nie,,, Gladnie. Punt, Ek dien 1 GOD, Die enigste,,,

Boerseun ·

Ai die globalist libs tog, ry ook n dooie perd tot in sy graf. Dink hy is groter held vir die globalists as vir sy eie mense. Maar nou ja die weste het Castro ook na sy dood vir een of ander rede geloof en prys.

Johan Neuteman ·

Stem saam met Disselboom en kan byvoeg dat mense ook nie die “Freedom Charter” ken nie, en nie sien hoe die kommunistiese plan stap vir stap voltrek word nie.

Willie ·

Dankie, jy praat die waarheid. Iemand wat bomme laat ontplof om onskuldige mense dood te maak is en bly ‘n terroris. Mandela het destyds in ‘n onderhoud gesê dat hy elke bom wat ontplof het persoonlik in die tronk “afgeteken” het.

Ashlee ·

Vaderland, waar val julle uit!! Niemand vergelyk Mandela met God nie!! Regtig, ek is stom. In Amerika vier ons Martin Luther jr dag, en niemand sal en het hom ooit met God vergelyk nie.

Pietman ·

Dink vir 67 minute aan die slagoffers van die kerkstraatbom.

Andre C ·

Disselboom,jy praat die waarheid,kom ons kyk of maroela se skrywers ons meer kan inlig oor die Rivonia vehoor,die meeste van ons weet nie wat daar gebeur het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.