Mandela-gedenknote bekendgestel

Die nuwe note (Foto: SARB)

Meer as 400 miljoen banknote en muntstukke met wyle pres. Nelson Mandela se gesig daarop word deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) vrygestel om die eeufeesherdenking van sy geboorte te vier.

Die SARB het Vrydag gesê die eerste groep van dié banknote en muntstukke is reeds vrygestel en nog meer sal oor die volgende drie maande vrygestel word.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het tydens die bekendstelling gesê die note en muntstukke is ʼn manier om sy lewe te vier deur iets wat daagliks gebruik word.

“Hy verteenwoordig die beste weergawe van onsself as Suid-Afrikaners en daar is geen ander gepaste geleentheid as sy verjaarsdag om alles te vier wat hy verteenwoordig met dié banknote en vyfrandmuntstuk nie.”

“Die banknote werp lig op sy geskiedkundige reis, van die heuwels van die Oos-Kaap tot Sowet, tot Howick, Robbeneiland en uiteindelik die Uniegebou,” het Kganyago gesê.

Mandela is in die Oos-Kaap gebore, en het daarna na Johannesburg verhuis waar hy al hoe meer in die politiek betrokke geraak het. Hy is uiteindelik in Howick in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem en het tronkstraf uitgedien op Robbeneiland voor hy tot staatspresident verkies is.

Kganyago het gesê die gebruik van kontant bly hoog in Suid-Afrika ondanks digitale transaksie en kriptogeld. “Die waarde van kontant in sirkulasie beloop net meer as R140 miljard en die vraag daarna neem steeds toe.”

Die SARB het ook ʼn app vrygestel met meer inligting oor Mandela se lewe en die veiligheidskenmerke op die note en muntstukke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Eish ·

Verskoon my totale gebrek aan belangstelling.
Sit liewer Kallie Kriel, Flip Buys, Frans Cronje ens. se gelaat op die Ora.

Haan ·

Sekondeer. Hierdie valse man word in ons kele afgedruk terwyl ons nog stik aan sy nalatenskap.

Johann M van Heerden ·

Ek is nou moeg vir die Mandela verering. Ek sien hom nie as held nie. Hy is ‘n veroordeelde misdadiger en terroris. Jammer maar dit is my siening. Die gemors wat die land tans in is sy latenskap. Onder sy bestuur het die land reeds verval in korrupsie en geweld.

Anne ·

Stem heelhartig saam met jou skrywe, tot vervelens toe siek om van hom te lees .

John Samuel ·

Meer as 400 Miljoen!!?!? Hiper Inflasie enige iemand…?? Oh my siel…..

R ·

Dit is waarvoor die belasting opgestyg het dié ruk terug. SARB produseer egter net die note vir 6 maande

Anoniem ·

Ek het geen belang by die man nie, en voel oor hom en die helde verering soos destyds oor vuvuzelas.

Vermeendes ·

Ja, hoe lyk die Ora, MM doen eerder n artiekel oor die Ora en Orania want soos ons verstaan is dit daar veilig en amper geen misdaad nie.
N lekker uitgebereide artiekel sal wardeer word.

Haan ·

Vermeendes, doen jouself n reuse guns en gaan besoek Orania. Ek haal my hoed af vir daai mense, wat ondanks hengse teenkanting steeds hul pionierswerk doen.

Ou Piet ·

Orania is sosalisties Hulle wil beheer oor jou geld vat en jy moet dit maar net aanvaar. Daar is geen kapitalisme daar

zoom zoom ·

Wat van Zuma Gupta en Malema gesigte. Want hulle het die meeste bygedra tot die val SA. Wie was Mandela nou weer???

Piet Pompies ·

Uitstekend, kan nie wag om die munte en note te sien en self vas te hou.

Hanna ·

WAT DE HEL GAAN AAN MET DIE LAND? Die burgers krippeer, daar is nie geld vir basiese dienste nie, vir medisie nie, maar hulle het geld om GELD VIR MANDELA te druk. Ons Here word minder gedien en gedenk as daardie man. DIT IS SIEK!

Paul ·

Mense, dink en droom groot oor die positiewe, van eendag dat ‘n Afrikaner-held se gesig weer op ‘n eie banknoot sal verskyn, ‘n muntstuk. Kruger het mos nou al klaar sy eie munt, en omdat dit wëreldberoemd is en baie geld inbring sal die ANC dit nie afskaf nie, lawaai eerder teen die wit mense, maak van hulle ‘n slaansak, kook hulle stadig, wil ook nou sommer hul grond afvat, vinnig. Wie sou julle voorstel, moet dit voormalige presidente wees, volkshelde uit die verlede, skrywers, akademici wat so vereer word?

Piet Pompies ·

Heelwat lesers verstaan glad nie hoekom nuwe geld gemaak word. Geld raak in ongebruik omdat dit skeur, vlekke op het ens. Dan word nuwe geld gemaak om dit te vervang. Dit het niks te doen met skep van inflasie….

IK ·

Jy is reg Piet, my toiletpapier is reeds klaar en ons geld is nikswerd. Ek sal veral in die bruin R20’e belangstel . . .

John ·

Ons druk mos al laaankal geld soos Zim en hierdie is die flou-makou-verskoning vir nog… en aanvaar maar dit is baie meer… Ons moet ophou om te glo die ANC probeer hard om die regte ding te doen…

Susan ·

Dis om van te stik!! Dis straat name in madela se naam di hele land oor. Dan nog so called nuwe note en muntstukke ook. Waar gaan dit eindig? ONS hetn overdose van mandela. Di note wat onshet het reeds mandela op dan nog di spul ook hoekom moet daarso ophefgemaak word oorhom ashy in di tronk was onaanvaarbaar

Hennie ·

Is daar ‘n boek waarin Mandela se masker afgeruk word? Laat weet gerus, ek sal dit graag wil lees.

Koos ·

Google Rivonia Unmasked of kry die pdf daarvan op archive.org dan lees jy hoekom die man tronk toe is.

Penellope Jones ·

Ai, die dag dat koue, harde munte en dun papiergeld gebruik moet word om ‘n politieke party te probeer “versterk”.

Mich ·

Julle uitgesprokenes met openlike haat in jul harte teenoor ander van kleur moet maar versigtig wees wat jul op Sosiale Media plaas…
Wonder wat sou gebeur as daar ‘n grondeis op Orania sou wees?

Magaretha van heerden ·

Weet iemand dalk hoeveel die R5 inaugeration Mandela coin is werd? Wil baie graag uitvind of dit iets werd is.

Morne ·

Dit lyk pragtig! Ek sien daarna uit om dié note te begin gebruik.

Cornelia ·

Wanneer die Antichris sy sitplek gaan inneem sal hy “oornag” ‘n wêreldheld wees. Sy sukses sal aan sy ekonomiese “wonderwerk” toegeskryf word. Hy sal aanbid en aangegryp word as die perfekte antwoord op die ideale droom van oorvloed en voorspoed. Sy karakter word deur God aan ons baie duidelik gemaak. Hy het die voorkoms van ‘n Lam maar die stem van ‘n draak. Die geselskap waarin die anc en sy bondgenote hulle bevind, val in hierdie kategorie. Hulle vervang God met hul ideologieë van mensgod denke, spraak en werke. Dit is egter nie ‘n verrassing dat baie uit my volk, blinde volgelinge sal wees van hul utopia nie. Dankie aan die Here. dat baie egter nie in hulle vangkuil en bodemlose put verdwyn nie.

Rats ·

Wat ir my n knop in die keel gee is die ding dat mense uit hulle pad sal gaan om 60 min of wat ook al net aan hom sal toewy maar sal nie eers 1 sekonde aan God gee nie, mense gaan mal oor mandela maar wat het hy vir ons gedoen? Jesus het aan die kruis vir ons sondes gesterf maar ons lag hom af, dankie tog dat ek nie my tyd mors om n mens te verhef bo God nie maar dat ek God verhef bo alles en almal, is mandela nou wragies ons god

Elvira ·

Hou op om so baie geld te mors op sulke onbenullighede en fokus op die goes wat belangrik is soos werkskepping, behuising ens ens ens ens. A nee man, Mandela word veels te veel opgehemel. Fokus op die hede en los die verlede.

Lerato ·

Vir al bogenoemde kommrntare

1 Geld moet gemunt word om die ekonomie aan die gang te hou. Wie se afbeelding daarop is, is nie geld mors nie. Tewens om die patroon op note te verander verminder jy die moontlikheid van vervalsing

2 Daar is nie iemand wat dit meer verdien as President Mandela nie. Hy het meer vir die land gedoen as enig iemand anders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.