Mandela-kleinkind in hof op aanklag van verkragting

Nelson Mandela

Nelson Mandela

ʼn Kleinkind van Nelson Mandela het Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van verkragting en seksuele aanranding.

Die man, wie se naam weerhou word totdat hy gepleit het, het vlugtig in die hof verskyn. Die verdediging wag nog op ʼn brief van die bevelvoerder van Parkview-polisiestasie in Johannesburg.

Die verdediging wou ʼn aansoek bring dat die man, in sy 20’s, aangehou word by die polisiestasie totdat hy later in hierdie week kan aansoek doen om borgtog, in plaas daarvan dat hy by ʼn tronk in Johannesburg aangehou word.

Die beweerde voorval het op 7 Augustus by ʼn bekende restaurant in Greenside plaasgevind, het brig. Mashadi Selepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Hy word daarvan beskuldig dat hy ʼn tienermeisie in die badkamer van die restaurant verkrag het.

Die 15-jarige meisie was Maandag saam met ʼn paar ondersteuners in die hof. “Die slagoffer het gesê sy was die aand daar saam met vriende en die beskuldigde was daar saam met sy vriende,” het Selepe bygevoeg. “Die beweerde verkragting het plaasgevind toe sy glo toilet toe gegaan en hy haar agtervolg het.” Die meisie voer aan die voorval het in ʼn toilethokkie plaasgevind.

Aangesien sy ʼn minderjarige is, staan die beskuldigde tereg op ʼn skedule 6-misdaad.

Volgens Selepe is die slagoffer eers op 14 Augustus ondersoek toe die saak aanhangig gemaak is. Die beskuldigde is Vrydag in hegtenis geneem en is oor die naweek by Parkview-polisiestasie aangehou.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Francois ·

…En so hemel almal “madiba? op..Wat ‘n klug…! Let op kleinwoorde.

Magriet ·

Gelukkig het ek meer verstand as om terroris
Op te. Hemel

skye ·

Nie dat en n Mandela aanhanger is maar wat het die arms siel uit te waai met sy nasade se ook hulle?

Winston ·

Sy oupa wou nie geweld afsweer nie, hoekom moet hy? Dis die nasate van n terroris. Wat verwag julle?

George ·

Die appel val nie ver van die boom nie of beter gesê aartjie na sy vaartjie.

George ·

Die appel val nie ver van die boom nie. Beter gestel aardjie na sy vaartjie.

Peet Schabort ·

Aanhouding in die polisieselle ? Ek en jy sal in die tronk aangehou word en dan ook met ‘n spesiale doel . . .

Swanna ·

Nee wat hy, mag mos. Madiba was mos sy oupa en die “presi” van die land. Hulle is almal mos “untouchable”.

Hennie ·

Ja George die appel van nie ver van die boom nie. En wat het gebeur toe IFP ondersteuners ‘n mars in Johannesburg wil hou? Die heilige ikoon Mandela gee aan ANC mense opdrag op Lethuli Huis te beskerm en vier IFP ondersteuners word van die dak van Lethuli Huis doodgeskiet. Geen haan het daarna gekraai nie.

neelsie ·

Hoop nie die saak word toegesmeer nie.
Laat die reg sy pad loop , al dink sommige hulle is onaantasbaar.
Nog n kind se lewe verwoes deur die dierlike optrede van n “man”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.