Die kleinseun van wyle oudpres. Nelson Mandela se verhoor op aanklag van verkragting sal eers volgende jaar plaasvind.
Die 24-jarige man wie se naam nie bekendgemaak mag word totdat hy gepleit het nie, se verhoor sal op 9 Maart in die Johannesburg-landdroshof begin. Hy word daarvan beskuldig dat hy ʼn 15-jarige meisie in Augustus vanjaar in ʼn kuierplek in Johannesburg verkrag het.
Daar is aanvanklik beoog om die verhoor op 13 Januarie te begin, maar die aanklaer het Maandag aan die hof gesê dat die ondersoek nog nie afgehandel is nie. “Ons kon nog nie met die klaer konsulteer nie omdat sy besig was met eksamens.”
Landdros Hasina Habib het dié rede bevraagteken: “Die klaer sou reeds teen die einde van November haar eksamens voltooi het.”
Volgens die staat het die klaer “haar ouma gaan besoek en was sy in die hospitaal opgeneem vir ʼn onbekende rede”.
Habib het vroeër gesê dat sy so vinnig moontlik ʼn verhoordatum wil vasstel.
Die verdagte is uit op borgtog van R7 000.
Teen daai tyd het die leer en bewyse voete gekry en hy sal niks oorkom nie.
Ek stem M. Ag met hierdie stories is dit altyd dieselfde oor en oor en oor en oor en oor……….