Mandela-kleinseun hoor oor borgtog

Argieffoto

Argieffoto

Die kleinseun van voormalige pres. Nelson Mandela het Dinsdag in die Johannesburg-landdroshof om borgtog aansoek gedoen nadat ʼn klag van verkragting teen hom aanhangig gemaak is.

Die kleinseun, wie se naam nie genoem kan word totdat hy gepleit het nie, is op borgtog van R7 000 vrygelaat. Landdros Paul du Plessis het die saak tot 16 September uitgestel. Die 24-jarige man word daarvan aangekla dat hy ’n 15-jarige meisie in die badkamer van ʼn restaurant in Johannesburg verkrag het.

Die verdagte se borgtogvoorwaardes sluit onder meer in dat hy nie Gauteng mag verlaat nie en al sy reisdokumente moet inhandig. Hy mag ook nie op enige ander plek woon as die adres wat hy aan die hof verskaf het nie.

Die verdagte is gewaarsku om nie op enige wyse met staatsgetuies te kommunikeer nie, insluitend op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alida ·

Asseblief mense noem die man op sy naam. Sy oupa rus en het niks daarmee te doen nie. Hoekom verwys die media gedurig na oorlede Nelson Mandela? Dit is tog onnodig.

Antonie van den Berg ·

Dit wys na wat die Hele familie is. Kyk hoe het hulle beklei oor die geld in die boedel. Die pers het hom as n ikon uit gebeeld, ver van die realiteit.

humor ·

Antonie jy het hom nou raakgese. Ja voorheen n ikoon, maar nou trek dieselfde pers duidelik n streep deur dit, Die realiteit is besig om te fref.

Babs ·

Hoekom die oupa in elke Mandela saak noem. Hy het sekerlik nie sy kleinseun geleer om te verkrag. Maak nie saak wie of wat jy of jou familie is, misdaad is misdaad. Verkragting het nou ‘n nasionale sport in SA geword omdat borgtog toegestaan word en aanklagte so onder die mat gevee word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.