Mandela-kleinseun opgeneem vir depressie

Argieffoto

Argieffoto

Die kleinseun van voormalige pres. Nelson Mandela wat van verkragting aangekla word, se borgtogvoorwaardes moes Vrydag in die Johannesburg-landdroshof aangepas word nadat hy vir depressie in die hospitaal opgeneem is.

Die kleinseun, wie se naam nie genoem mag word totdat hy gepleit het nie, word daarvan aangekla dat hy glo ’n 15-jarige meisie in die badkamer van ʼn restaurant in Johannesburg verkrag het.

Marinda Veldsman, Mandela se regsverteenwoordiger, het ʼn brief aan landdros Paul du Plessis oorhandig waarin ʼn dokter bevestig het dat Mandela aan depressie ly. Veldsman het versoek dat Mandela se woonadres verander word na 1 Militêre Hospitaal in Pretoria en dat hy hom Maandae en Donderdae tussen 16:00 en 17:00 by die Lyttelton-polisiestasie moet aanmeld.

Du Plessis het gesê Mandela se nuwe borgtogvoorwaardes sal van 4 September tot 5 November geldig wees. Dit behels dat hy in hierdie tydperk ʼn pasiënt van die hospitaal moet bly en slegs die hospitaal mag verlaat wanneer hy hom by die polisiestasie met sy ID-boek aanmeld.

Mandela het tydens vorige hofverrigtinge beweer die klaer was gewillig om seks te hê. Sy het egter beweer hy het haar probeer soen en sy het hom weggestoot. Hy het haar daarna na bewering gestamp, omgedraai en haar broek afgetrek.

Mandela het in sy verklaring gesê hy verdien om op borgtog vrygelaat te word omdat hy “twee kinders en ʼn derde baba op pad” het. Hy het al sy reisdokumente by die polisie ingedien.

Die 24-jarige sal op 6 November weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

AmY ·

Snaaks hoe sommige mense altyd depressie kan hul uitgevang word.

sarie ·

Ja nê.Gevang met die broek omi enkels…hoe sal ons ooit die waarheid ken. Gaan hy nou n shabir sheik op ons trek

AmY ·

Askuus daai sin is nie reg geskryf nie. Sommige mense kry altyd depressie as hul uitgevang word.

HB ·

Daar moet iets omtrent hierdie ‘loop hole/trend” gedoen word wat almal skielik ontwikkel om die selle en verhoor afwagting vry te spring deur een of ander mediese kondisie. Hulle is 100% bewus daarvan dat so n “kondisie” in hulle guns sal tel wanneer dit by n vonnis oplegging kom en dan word hulle baie vinniger in ag geneem vir “mediese parool” Wat n grap!!

Mira ·

Net een vraag…….. die “aangeklaagte” is nie meer minderjarig nie, hoekom mag sy naam nie genoem word nie? As hy ‘n ander van gehad het sou hulle nie geskroom het om al sy besonderhede uit te blaker nie! Hy hou nou sy kinders voor as rede hoekom hul hom op borg moet vry laat. Maar hy het beslis nie aan daai kinders gedink toe hy die meisie se broek af gepluk het nie.

Winston ·

Banggat! Hy weet hoe sy oupa behandel is en weet hoe hy nou behandel gaan word in tronk deur sy eie mense. Soek voorkeur behandeling. Het maar net voorbeelde gevolg en voorbeelde na skuldig bevinding. Sheik en baie ander

Cheryl ·

Volgens hom VERDIEN hy om op borgtog vrygelaat te word – Ag siestog! Het die meisie verdien dat hy haar stamp en toe haar broek aftrek?

André ·

Ag, shame! Die armsalige drommel. Ek voel vere vir hom! Stuur hom tjoekie toe vir ‘n lekker lang ruk.

nig ·

Wat van die meise – wie het haar gehelp toe sy sekerlik aan ang en depressie gely het? Ek dink mens moet vir hom in die hospitaal gaan kuier…

kobus pieterse ·

Verkragting is net so n ernstige misdaad as moord en gewapende roof,hoog tyd borg voorwaardes word hersien want hierdie misdade vier hooggety in hierdie korrupte land,of gaan dit al so sleg met die ekonomie om borg te vra om die staatskas te vul

stoney ·

Slegs SANW lede word in 1 mil behandel. Hoe kom hy daar in? Lyk my Oupa se naam gaan hom nie kan red nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.