Mandela-kleinseun se verkragtingsaak uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

Die kleinseun van wyle oudpres. Nelson Mandela, wat van verkragting aangekla word, het Maandag weer in die Johannesburg-landdroshof verskyn waar die saak uitgestel is vir verdere ondersoek.

Die 24-jarige man, wie se naam nie bekendgemaak mag word totdat hy gepleit het nie, is in Augustus op R7 000 borgtog vrygelaat. Hy word daarvan beskuldig dat hy op 7 Augustus ʼn 15-jarige meisie in ʼn stegie buite ʼn restaurant in Greenside verkrag het. In die verklaring wat die man tydens sy borgtogverhoor ingedien het, beweer hy die meisie het tot seks ingestem en dat hy gedink het sy is ouer as 16.

Sy saak sou Vrydag hervat, maar is tot Maandag uitgestel omdat die landdros nie beskikbaar was nie. Landdros Paul du Plessis het Maandag gelas dat die man se aanvanklike borgtogvoorwaardes heringestel word te midde van gerugte dat hy glo sy borgtogvoorwaardes oortree het deur met die meisie kontak te maak op sosialemediaplatforms.

Sy borgtogvoorwaardes is in September aangepas sodat hy vir depressie by 1 Militêre Hospitaal in Pretoria behandel kon word. Hy moes hom twee keer per week by die Lyttelton-polisiestasie aanmeld.

Hy word nie toegelaat om Gauteng sonder die toestemming van die ondersoekbeampte te verlaat nie en moet hom elke Maandag en Donderdag by die Norwood-polisiestasie aanmeld.

Hy staan tereg op aanklagte van verkragting, poging om te verkrag en seksuele aanranding.

Die saak is tot 14 Desember uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Martin ·

Ek sou nou dink sulke hoë profiel mense het waardigheid. In ‘n stegie buite ‘n restaurant?

TvA ·

Hoë profiel? Ag nee wat. Ek sou sê dat dit skaars die nuus behoort te haal.

TvA ·

Hoë profiel? Ag nee wat, ek sou sê dit behoort skaars die nuus te haal.

GES ·

Hierdie saak gaan langer sloer as die tronkstraf wat opgelê gaan word.

Dan ·

Van uitstel kom afstel. Gelukkige blikskottel. Hy gaan dit weer doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.