Mandela-kleinseun terug in hof

Argieffoto

Argieffoto

Die kleinseun van voormalige pres. Nelson Mandela wat van verkragting aangekla word, sal Vrydag weer in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

Die 24-jarige man, wie se naam nie bekendgemaak mag word totdat hy gepleit het nie, is in Augustus op R7 000 borgtog vrygelaat. Hy word daarvan beskuldig dat hy op 7 Augustus ʼn 15-jarige meisie in ʼn badkamer van ʼn restaurant in Greenside verkrag het.

In die verklaring wat die man tydens sy borgtogverhoor ingedien het, beweer hy die meisie het tot seks ingestem.

Sy borgtogvoorwaardes is in September aangepas sodat hy vir depressie by die 1 Militêre Hospitaal in Pretoria behandel kon word. Hy moet ook twee keer ʼn week by die Lyttelton-polisiestasie aanmeld.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

alida ·

Hou tog op om na oud-president Mandela se kleinseun te verwys. Noem die man op sy naam ASB. Hy het sy eie identiteit en sy oupa rus. Genade media !!!! My kommentaar sal natuurlik nie geplaas word nie.

Gideon ·

Nou wat maak dit saak dat hy Mandela se kleinseun is, hy bly ‘n mens en het moontlik te veel oesters geëet in die restaurant!! Ek wonder net hoekom word hy in 1 Mil behandel? Is hy in die weermag of word alle familie lede van die regering nou daar gratis behandel?

Tonginniekies ·

Oesters eet is nie regtig goed soos hulle sê nie. Ek het laasnag 12 geëet en net 4 het gewerk.

Piet ·

Sy naam is Mbuso Mandela, staan in die engelase koerante met foto en al!!!

Winston ·

Ek dink eerstens tradisie is nie nuus nie en tweedens, wat maak hom nuuswaardig? Talle verkragting sake daagliks in howe.

GES ·

Die “hooggeplaasdes” se familielede het maar die neiging om hulleself verhewe bo die wet te ag. Hou hom dop, hy gaan nog wegkom met hierdie een.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.