Mandela-onthullings: ʼn Ambulans wat brand en die oomblikke voor sy dood

Dr. Vejay Ramlakan saam met oudpres. Nelson Mandela (Foto: Penguin Random House)

Mandela’s last years – ʼn splinternuwe boek oor die lewe van oudpresident Nelson Mandela wat Dinsdag op Mandela-dag die lig gesien het – werp lig op kwessies van sy laaste jare soos sy gesondheid en gebeure gedurende die maande voor sy dood.

Dié boek, geskryf deur dr. Vejay Ramlakan wat aan die hoof van Mandela se mediese span was, gee ook ’n blik oor aangeleenthede in die binnekamer van die oudpresident.

Mandela’s last years vertel die storie soos Ramlakan dit eerstehands as deel van sy mediese span beleef het. Die boek dokumenteer die komplekse mediese uitdagings waaronder hy gebuk gegaan het, die interaksies tussen familielede en personeel, die voortdurende kritiek van die media en die aksies en reaksies van Mandela.

Ramlakan skryf in die boek oor voorvalle wat nog nie voorheen in die media was nie.

8 Junie 2013 – Die ambulans wat Madiba vervoer het, slaan aan die brand

Ramlakan skryf oor ʼn voorval op 8 Junie 2013 toe Mandela na die Mediclinic Hart-hospitaal in Pretoria per ambulans vervoer moes word. Volgens hom het ʼn militêre ambulans die oudpresident na dié hospitaal vervoer nadat dr. Steve Komati, ʼn dokter wat Mandela ook versorg het, hom met die nuus gebel het dat hy dringend na ʼn hospitaal gehaas moet word.

Ramlakan skets ʼn prentjie van die ambulans wat aan die brand geslaan het op pad na die Mediclinic Hart-hospitaal.

“Die bestuurder van die ambulans het sowat 20 km van die huis af aan Komati gesê: ‘Meneer, ons verloor krag.’
‘Verloor krag? Hoe bedoel jy julle verloor krag?’ het Komati half vererg gevra.
Die revolusies van die enjin was skrikwekkend laag, en ʼn swart wolk rook het om die ambulans gehang soos die voertuig tot stilstand gekom het in die vinnige baan op die snelweg.
Ek en Tipping [die spesialis in geriatriese medisyne] het teen ʼn hoë spoed gery toe ek hom hoor sê dat dit lyk of daar ʼn probleem voor in die pad is.
Ek het my oë weggedraai van die deel van die pad wat deur my motor se ligte verlig is en ’n voertuig gesien wat lyk of dit aan die brand is.
‘Ek hoop nie dis ons ambulans nie,’ het Tipping skertsend gesê. Hy het groot geskrik toe ons verbyjaag. ‘Dis ons mense!’ het hy gesê.
‘Is jy seker?’
‘Byna positief.’
Ek het aan die linkerkantse noodbaan stilgehou. ‘Kan jy seker maak?’
Tipping was reeds uit die kar soos ek die vraag gevra het. Hy was binne enkele sekondes terug. ‘Dis ons mense! Dis ons mense.’
Dit was aaklig. Madiba in ʼn brandende ambulans…”

5 Desember 2013 – Mandela sterf

“Nabye familie en die oudstes van die stam uit die Oos-Kaap het hom ook besoek. Toe Mandla Mandela in die kamer was, het Madiba sy oë oopgemaak – hy het sy kleinseun herken. Toe het hy weer sy oë gesluit en verder geslaap.
Dit was donker en ʼn groot hartseer het die huis omhul.
Die hele familie en nie-mediese personeel was in die kamer wat gevul was met ʼn diep hartseer. Madiba het nog nooit so siek vir hulle gelyk nie.
Die mediese personeel wat aan diens was, was almal somber. Daar was niks om te doen behalwe die protokolle wat Madiba die afgelope ses maande lewendig gehou het nie. Ten spyte van al die mediese kundigheid beskikbaar, kon niks meer gedoen word nie…”

“Hoewel sy asemhaling laag was en sy bloeddruk bly val het, was sy uitdrukking een van bosintuiglike vrede.
Behalwe die mediese span by Madiba se bed, was daar nou net Winnie Madikizela-Mandela. Sy was geklee in swart, haar oë was rooi en sy het roerloos aan sy sy gesit.
Toe die alarms van die ventilator afgaan, het Komati die masjien aangepas sodat daar geen harde geluide was nie.
In ʼn stil stem het ek gehoor hoe Winnie Madikizela-Mandela sê: ‘Dokter, hy snak na sy asem.’ Nie ek of Komati kon direk vir haar kyk nie.
Ek het na my horlosie gekyk. Dit was 21:48. Ek het toe na mev. Madikizela-Mandela gekyk en gesê: ‘Mama, hy het gesterf.’”

Mandela’s last years word uitgegee deur Penguin Random House. Die boek kos R230. Vir meer inligting, besoek Penguin se webwerf.

Mandela’s last years (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johan. H. ·

Dink die buiteland lag hulle nog sat vir daaie een ,, Ambulans wat brand , ek sou dit eerder probeer stilhou,,, Skaam

Ashlee ·

Maroela, jul vorige berig “Mandela dag Wereldwyd gevier” is soos die spreekwoord se, n Berg van n molshoop te maak. Jul bedoeling is egter pragtig. Wens dit was wel die geval. Na 25 jaar in Amerika sal ek nooit ophou goed praat van hierdie ou nie. Daardie Wereld-beker game destyds, met hom in die rugbytrui, gee my nog steeds koue rillings, al moes ek dit vroegoggend in Los Angeles kyk. Madiba surely and by far the most beloved President ever in South-Africa.

Gatvol ·

Dit is maklik om te praat as jy in die VSA sit, en nie n idee het wat werklik aangaan nie.

chrisp ·

Kom terug na die RSA dan beleef jy sy droom self.

Waarom dan in Amerika vir amper solank as die “reenboogland?

MissDemeanor ·

Stem saam jou Ashlee. Nadat hy uit die tronk gekom het het hy homself net beywer vir vrede en gelykheid. Ek dink hy was ‘n besonderse mens. Die wereld sou heeltemal anders gewees het as elke land ‘n Madiba gehad het.

Johan ·

Jaaaa, en vandag sit ons met plaasmoorde en Zuma. Dankie Mandela!

Michael ·

Onthou wie was indirek ook verantwoordelik vir die kerkstraat bom ontploffing waar onskuldige mense gesterf het

Boswyk ·

Ja, ons hou stilte tyd vir die duisende onskuldige mense wat in Mandela se “struggle” vermoor in !

MissDemeanor ·

Hul het hul eers tot gewend gewend nadat dit duidelik geword het dat praat nie sou help nie. Ek is seker dat jy dieselfde sou doen as die rolle omgeruil was. Die staat wou nie luister nie. Hul was desperaat. Mandela het as president soveel gedoen om wereld vrede te bevorder. Selfs van ons atoom bomme ontslae geraak. Sou gaaf gewees het as Iran, die VSA, Rusland en Israel dit ook kon doen.

Misgis ·

Dit was die NP se FW de Klerk en Magnus Malan wat in 1993 SA se kernwapens vernietig het. Nie Mandela wat eers in ’94 aan bewind gekom het nie.

Ashlee ·

Gatvol, ek weet presies wat aangaan. En ek spreek gedurig uit teen die afgryse wat tans daar heers. So veel dat Maroela vele maal my kommentaar nie wil plaas. Maar ons praat hier van n man, en nie van die wanorde wat daar by julle tans uitspeel nie.

dirk L ·

Tata was uniek en spesiaal. Erken dit maar. Dit beklemtoon die verskil tussen sy presidensie en dit wat oorgebly het – dit voel nou asof die land stomgeslaan is en willoos staan. Mag SA weer uniek en spesiaal word

Michael ·

Dirk praat jy nou van Tata die voertuig wat ingevoer word van india?

Pastoor ·

Waarom so n ophef van n man wat dood is. Maak eerder n ophef vanndie Man wat die Graf Dood en Hel oorwin het.

Ida ·

Baie interesante stelling wat gemaak word en baie mense saggies uitgespreek het na baie koerant berigte dat Nelson reeds “dood” is, maar lewendig gehou word vir ‘n begrafnis in Desember. “daar was niks wat ons kon doen behalwe die protokolle wat Madiba die afgelope ses maande lewendig gehou het nie.” Laat mens wonder wanneer was sy eintlike sterf datum. Glo Suid Afrika sal weer uit stof opstaan sonder leuend.

Frieda ·

Dries dit gee ons klaar hoofbrekens en ek stem saam dat dit belaglik is om so ‘n ophef van hom te maak.

GES ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat mense beweer dat nadat hy uit die tronk gekom het, hy hom vir vrede en gelykheid beywer het. Hoekom wou hy nooit geweld afsweer nie?

M ·

Presies GES. As hy wou kon hy al die geweld en moorde gestop het. Maar hy het nooit enigsens in die openbaar gevra dat dit moet stop nie. Laat mens dink. Waarom word daar so ophef gemaak op 18 Julie. Plaas word daar reg deur die jaar goed gedoen. 1 Dag gaan definitief nie ‘n verskil on die land maak nie.

hykie ·

Hy het bomme geplant. Maar hoekom moet ons ook vra? Wat uitstaan van hierdie mens is toe hy die kans gehad het om ons die see in te jaag het hy nie. En dit kan niemand verander en weg praat nie. Hy was nie ‘n simbool van vrede nie. Hy was vrede. Dinge kon baie anders gewees het vir ons, maar hy het besluit om dit anders te hanteer. Hy verdien elke gryntjie van onthou.

Sarief ·

Jy vergeet dat die destydse weermag baie sterk was en met die Kommunisme gebreek wat die ANC militêr gesteun het was dit nie so seker wie die geveg sou wen nie. Die MK het nou nie ‘n rekord van dapper vegters gehad nie. Hy was ‘n beter strateeg Alhoewel in sy tyd meer swartes gesterf het as in die hele tyd onder die apartheidsregering van 48 jaar. Dan was daar die Shelhouse skietery op die Zoeloes wat hy beveel het Vredemaker se voet.

Chris-Mari ·

Sover ek kn onthou was hy lank tronk toe vir sy misdade…verafgod is verkeerd maar die nie sy skuld dat die land in so gemors sit nie.Hy se beslis nie vir Zuma wat om te doen nie, die ANC maak self hul keuses.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.