Mandela Rhodes-stigting ontken gerugte oor beurse

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die Mandela Rhodes-stigting het gerugte op sosiale media ontken dat beurse nie meer deur die stigting toegeken sal word nie, weens die herrie oor Cecil John Rhodes se standbeeld by die Universiteit van Kaapstad (UK).

Judy Sikuza, programdirekteur by die stigting, het aan Maroela Media gesê dat daar geen waarheid in die gerugte steek nie en dat die toekenning van beurse vir 2016 voortgaan soos beplan. ʼn Woordvoerder van die Rhodes-trust het ook bevestig dat hul beurstoekennings normaal voortgaan.

Die bewerings kom te midde van protesoptogte op die UK-kampus met ʼn groep studente wat eis dat die Rhodes-standbeeld verwyder moet word. Die studente meen dat die standbeeld ʼn simbool van kolonialisme en wit heerskappy is. ʼn Toilet is tydens die betogings op die beeld se voetstuk uitgekeer en die beeld is ook met swart plastieksakke bedek.

Die Mandela Rhodes-stigting het op die been gekom nadat die Rhodes-trust in 2002 nagenoeg £10 miljoen oor die volgende tien jaar aan die stigting toegeken het. Die Rhodes-trust sowel as die Mandela Rhodes-stigting ken steeds op ’n jaarlikse grondslag beurse aan Suid-Afrikaanse studente toe, hoewel die organisasies se toekenningskriteria verskil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chris ·

Ontken so al wat julle wil dit sal nog kom. Ek hoop dit word summier gestaak. Waar sal julle geld vandaan kom om dan te kan studeer. Ek hoop hulle stop die beurse. Ons moet nou druk plaas op die Rhodes stigting om all beurse te stop

Gert ·

Chris, ek stem volkome saam met jou maar een ding nie! “Waar sal julle geld vandaan kom om te studeer”. Chris hulle het nog nooit gestudeer nie. As hulle wel, dan sou daar in die twintig jaar meer gesofistikeerde intelegente ouens in die parlement gewees het met egte grade nie valses nie.

Tommie ·

Staak alle beurse vir die ondankbare studente!!!!!! Die mense met hul entitlement simdroom raak ondraaglik. Sal my nie verbaas dat die meeste van die opstokers met die beurs studeer. Ken die beurse toe aan wit studente wat dit sal waardeer.

Drieks ·

Mag die UK-kampus bekend maak hoeveel studente al met hierdie Rhodes beurs gestudeer het oor al die jare???, is dit nie al rede genoeg om na soveel studente vir wie Rhodes gehelp het, hy ‘n standbeeld verdien nie.

Anton Smit ·

Tiepies die nuwe SA solank hulle kan geldkry maak dit nie saak waar dit vadaan kom nie

jacques ·

Hulle het ver meer voordele vandag as wat ek gehad het toe ek kind was.
Seker die ondankbaarste mense in die wereld om so maklik n beurs te kan kry en dan so tekere te gaan.

Janine du Plessis ·

Om die beurse te onttrek maak vir my baie sin. Die studente het mos self laat weet dat hulle niks van die sog. koloniste wil he nie. Ek is nie ‘n Rhodes-“fan” nie en ek het vir my eie studies betaal via ‘n lening waaraan ek lank terugbetaal het. Dit gaan net te gou en te maklik deesdae. En te veel van hulle sit op universiteit wat 25 jaar gelede nie eens Matriek sou geslaag het nie. Dis hulle wat nou die reels wil bepaal. Wie gaan vir die verskuiwing of verwydering van hierdie beeld betaal (en al die ander hulle wat hule nou ook teiken – dankie UCT!)????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.