Mandela se kleinseun in hof vir beweerde verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kleinseun van voormalige pres. Nelson Mandela sal Vrydag in die Johannesburg-landdroshof verskyn nadat hy na bewering ʼn 15-jarige meisie verkrag het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, wou nie besonderhede rondom die saak bekendmaak nie en het bloot gesê daar is ʼn verkragtingsaak op die hofrol geplaas, maar besonderhede sal eers in die hof bekendgemaak word.

Die 24-jarige man het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is. Hy word sedertdien by die Parkview-polisiestasie aangehou.

Die beweerde verkragting het op 7 Augustus in ʼn restaurant in Greenside, Johannesburg, plaasgevind toe die man die meisie na die badkamer gevolg het en haar in die toilethokkie verkrag het.

Hy sal na verwagting Vrydag in die hof pleit en om borgtog aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Dink mos hulle is onaantasbaar, hoop die hof maak n voorbeeld van die hormoon belaaide moroon

Christie Joubert ·

Soos my ma sê; “As jy min tussen die ore het, dan het jy gewoonlik baie daar onder” As dit nie n klomp onnosel 10 jariges is wat nou nog in GR2 is nie, dan is dit n man wat n meisie voor n groep verkrag, en nou boonop mandela se kleinkind (jou oupa draai in sy graf om!). Hoeveel keer gaan hierdie barbaarse dinge nog gebeur voor die wêreld eindelik sien dat ons op n wettelose afdraand pad is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.