Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, wou nie besonderhede rondom die saak bekendmaak nie en het bloot gesê daar is ʼn verkragtingsaak op die hofrol geplaas, maar besonderhede sal eers in die hof bekendgemaak word.
Die 24-jarige man het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is. Hy word sedertdien by die Parkview-polisiestasie aangehou.
Die beweerde verkragting het op 7 Augustus in ʼn restaurant in Greenside, Johannesburg, plaasgevind toe die man die meisie na die badkamer gevolg het en haar in die toilethokkie verkrag het.
Hy sal na verwagting Vrydag in die hof pleit en om borgtog aansoek doen.
Dink mos hulle is onaantasbaar, hoop die hof maak n voorbeeld van die hormoon belaaide moroon
Soos my ma sê; “As jy min tussen die ore het, dan het jy gewoonlik baie daar onder” As dit nie n klomp onnosel 10 jariges is wat nou nog in GR2 is nie, dan is dit n man wat n meisie voor n groep verkrag, en nou boonop mandela se kleinkind (jou oupa draai in sy graf om!). Hoeveel keer gaan hierdie barbaarse dinge nog gebeur voor die wêreld eindelik sien dat ons op n wettelose afdraand pad is.