Mandela se kritiek ʼn ‘giftige aanval’, sê DA

'n Skermskoot van die DA se advertensie: "Only the DA can bring the change we need to move forward again." Foto: DA/Youtube

‘n Skermskoot van die DA se advertensie: “Only the DA can bring the change we need to move forward again.” Foto: DA/Youtube

Die DA het Maandag reageer op kritiek oor die gebruik van oudpres. Nelson Mandela se stem in sy verkiesingsveldtog-advertensie.

Volgens die DA is Mandla Mandela, Mandela se kleinseun, se kritiek ʼn “giftige aanval” en ʼn “belediging van die beginsels waarvoor Mandela self gestaan het”.

“Nelson Mandela is ʼn nasionale ikoon,” het Refiloe Nt’sekhe, die DA se woordvoerder, gesê. “As ons nasie se eerste demokratiese president behoort sy nalatenskap, en die belangrike demokratiese beginsels waarvoor hy geveg het, aan alle Suid-Afrikaners.”

Mandela het vroeër uitgevaar oor die gebruik van sy oupa se stem en gesê die DA moet nie die kiesers “bedrieg” nie en eerder die stemme van sy eie leiers Tony Leon, Helen Zille en Mmusi Maimane gebruik onder wie se leierskap die DA “sedert 1994 ʼn laer vir wit bevoorregtes byeengebring het”.

Mandela het bygevoeg dat die gebruik van sy oupa se stem “blatante misbruik”, “veragtelik en oneerlik” en “ʼn belediging en aantasting van [Nelson Mandela se] geskiedenis, sy verkose party, sy nalatenskap en die waardes waarvoor hy gestaan het” is.

“uNkosi Dalibhunga was vir lewe lank, tot sy dood toe – as beroep, en in die hiernamaals – ʼn lojale en toegewyde lid van die ANC,” het Mandela van sy oupa gesê.

Nt’sekhe het in reaksie gesê “die DA is die enigste party wat vandag in Suid-Afrika utata Madiba se nalatenskap verwesenlik”.

“Wat hierdie nare aanval egter demonstreer is dat die ANC verander het. Dit is nie Madiba se party, verbind tot die bou van ʼn verenigde en voorspoedige Suid-Afrika nie,” het Nt’sekhe gesê.

Sy het bygevoeg dat Mandela welkom is om die Onafhanklike Verkiesingskommissie te nader oor die advertensie.

Die advertensie beeld ʼn kieser uit wat aan Nelson Mandela dink voordat hy sy stem uitbring. Die advertensie is vanaand vir die eerste keer op televisie te sien, maar is reeds aanlyn beskikbaar op Youtube.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

JC ·

DA, julle “ou brekers”- ek voorspel die DA gaan bitter goed doen in die komende munisipale verkiesing en ook in die 2019 nasionale verkiesing.
In my opinie die enigste party wat die nodige steun geniet, en KAN geniet, indien daar die wil is, en in bree trekke ‘n diverse, verenigde en vooruitstrewende SA tot stand kan bring en KAN VOLHOU en die potensiaal van SA kan ontgin-al het hul ook hul effense tekortkominge soos enige ander organisasie. Viva Mmusi, viva!! In my opinie is die DA heeltemal geregtig daarop om Madiba se stem te gebruik en NIEMAND ANDERS NIE! Die Kaap ‘n toonbeeld van goeie regering…die voorbeeld van wat die DA kan doen dus alreeds daar vir die HELE SA om te gewaar…

Thinus ·

Hulle sou en kon dit nie reg kry as dit nie vir koalisie met VF+was nie…..wees asb net ingelig.

Koolkop ·

Snaaks dat die familie dit opgetel het, hulle is so besig om onderling te baklei oor Nelson se erfgeldjies. Shame, die patete kon nooit in Nelson se skoene staan nie.

Cherokee ·

KOOLKOP sê jy. Praat jy van Mandela wat leier was van Umkhont we siswe? Hulle het bomme geplant in winkelsentrums, weet jy? Hulle het onskuldige mense vermoor weet jy? Dan weet jy miskien nie dat Mandela so lank in ‘n tronk was omdat hy geweier het om geweld te staak. Hy was een van die DA se helde.

John ·

Oud president Mandela was die leier van die ANC. Te veel mense wil van hom ‘n kultus-figuur maak, verhewe bo enige menslike foute of standpunt. Die DA probeer nou te hard of dra dit ‘n ANC-foto in die goue hartjie aan ‘n ketting om die nek?

Wonder maar net ·

Oud president Mandela was en is die enigste mens wat kalmte en besrisping kom uitoefen. Hy kon n klomp wat opruk terug bring tot bedaring. Ek glo in my hart hy sou nie vandag n gelukkige man gewees het met dit wat nou aangaan nie. Ek glo nie die ANC soos hy vandag te werk gaan is wat hy geplan het nie. Maar dit is nou my beskeie opinie. Dus as die DA staan waarvoor Nelson Mandella geveg het. Is dit dalk al wat nodig is om die land weer te kry dat elke mens wat ook al jou kleur of jou geloof saam kan werk, of dalk begin. En ons almal trots kan maak op RSA. Mag dit dan ook spoedig gebeur.

GJ de C K ·

Is die RSA (‘n arbitrêre geografiese gebied met ‘n unitêre staatsbestel wat op almal afgedwing is) en samewerking met wie ookal op hierdie “strande uitspoel” enigsins vergelykbaar met die kosbare skat wat jy en ek as Christendom ontvang het en veronderstel is om mee te woeker? Hoe lank sal ons dit nog eerder misken (begrawe)?

Die “Engelse” (VK) doen die eerbare ding, maar ons “Boere” se “broeke bewe” terwyl ons na Mandela en Edomietiese fabels gryp.

Het ons ONS HERDER só erg uit die sig verloor?

GJ de C K ·

Het ons mense dan só desperaat hopeloos geraak?

Wie en wat is Mandela van ONS?

Mens kan nie Christen integriteit behou en met Mandela simpatiseer nie.

GJ de C K ·

Dit behoort teen dié tyd ook klinkhelder duidelik te wees dat mens nie Christen integriteit kan behou en met die DA assosiëer nie.

Justice ·

Sit nou al 9 maande sonder werk omdat sie DA swart bemagtiging steun! Nee wat, ek maak nie weer die fout om die rassiste te steun nie.

dirk ·

justice dis die anc wat dit ingestel het en afdwing. ek glo die DA fokus baie meer op positiewe maniere om werkloosheid te verminder en jy sahl beslis met hulle kan onderhandel. help bou ook aan goeie opposisie sodat die ANC se rug en mag gebreek word

DA AL DA WAY ·

Da gaan gat skop hierdie jaar, hul kan maar flush toilets en groter huise belowe. DA is awake, hul met net so aanhou en vir almal wees.Moet net nie ook agterna die ball drop.

Frik Lotz ·

DA ondersteun dan regstellende aksie wat veroorsaak dat blankes en ander minderhede nie meer werk kry nie. Hul na-aap die ANC op alle gebiede en konsentreer nou net op die swart kieserkorps. DA is niks anders as n ANC-lite nie!

Ben Prinsloo ·

GJ de C K ek deel jou mening. Maar dit is egter nie beskore vir almal om dit raak te sien nie. Ons is maar n klein groepie wat dit wel sien en verstaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.