Mandela-standbeeld in New York onthul

Pres. Cyril Ramaphosa, pres. van die Algemene Vergadering van die VN Maria Espinosa en sekretaris-generaal Guterres onthul die standbeeld van Nelson Mandela by die Verenigde Nasies se hoofkantoor in New York (24 September 2018) (Foto: Verskaf/Yandisa Monakali/Dirco News Service)

ʼn Standbeeld van voormalige president Nelson Mandela sal die internasionale gemeenskap deurgaans aan sy toewyding tot die missie van die Verenigde Nasies herinner, het pres. Cyril Ramaphosa Maandag gesê.

“Ons glo dat hierdie standbeeld ook deurgaans ʼn bevestiging sal wees van Suid-Afrika se verbintenis om ʼn beter wêreld vir almal te skep,” het hy bygevoeg toe ʼn standbeeld van Mandela in New York in die VSA onthul is.

Hy het gesê Suid-Afrikaners is dankbaar oor die entoesiasme waarmee die internasionale gemeenskap die 100-jarige viering van Mandela se geboortedag aangegryp het. “Die mense van ons land, verenig in hul diversiteit, beskou Nelson Mandela as die pa van ons demokratiese nasie. Sy lewe, opofferings en uitsonderlike bydrae tot vryheid inspireer steeds nageslagte. Vir almal van ons wat hier by die Verenigde Nasies bymekaarkom, sal Nelson Mandela altyd ʼn spesiale plek in ons hart hê, weens sy toewyding tot die diens van die mensdom en die bevordering van vrede wêreldwyd.”

Die lewensgrootte standbeeld van Mandela is by die VN Algemene Vergadering in New York onthul.

“Ons dink met groot waardering en dankbaarheid aan die leidende rol wat die Verenigde Nasies gespeel het in die struggle van Suid-Afrikaners teen apartheid en die versoek dat Nelson Mandela en ander politieke gevangenes vrygelaat moet word,” het Ramaphosa bygevoeg.

“President Mandela het geglo dat die Verenigde Nasies die mees waardevolle en doeltreffende instrument is vir die bevordering van vrede, ontwikkeling en gelykheid wat die mens nog ooit op die been gebring het.”

Mandela is op 5 Desember 2013 oorlede in die ouderdom van 95.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Tiaan ·

SA regering skuil steeds agter mandela terwyl hul in werklikheid die teenoorgestelde boodskap voorlê as waarvoor mandela gestaan het naamlik verdeeldheid en rassistiese bevoordeling van een groep bo n ander.

marous ·

Onthul die vergrype en skerwe van sy visie deur sy eie mense ….

Dries du Toit ·

Waar is Donald Trump as hulle sulke dinge doen in sy land. Hy is n ware vrede maker

henk ·

Lyk my die mense aanbid die standbeeld en nie die ware God nie.

Foxi ·

Henk, ek stem saam met jou. Die mens wat nie die skrif ken nie, sal dit nie verstaan nie.
N dooie beeld word aanbid. Die skrif verduidelik vir ons, wat was sal weer wees. So het die mens hul rug teen God die Vader gedraai en afvallig geword. Kerke word markte, valse leraars is aan die groei. Mag en hebsug is nou die wêreldorde. Hier en daar kry jy n leraar wat uit sy hart uit baklei vir geregtigheid en die waarheid van die Lewende God! Deur blindheid en ongehoorsaamheid van die mens is die begin van verdrukking op hulself. Mag die Here ons almal genadig wees.

ACJ ·

Dis waar wat jy sê,lyk hy is Jesus wat vir ons gesterf het en kom vry maak het,hy het net vir sy mense kom vry maak dis hoekom die land lyk soos hy nou lyk.

Jerry ·

Dit is nog nie te laat vir Afrikanerorganisasies om versoenend te begin optree teenoor gematigde Suid Afrikaners en teenoor CR ten einde die radikales se aanslag teen ons grondwet en demokrasie te verskraal!

Twakkie ·

Jerry, alle wittes, Afrikaners inkluis, het van 1994 af versoenend opgetree, gelei deur die media. Apartheid en Afrikaners kry STEEDS die skuld vir alles wat verkeerd loop, terwyl die ENIGSTE probleem die ANC se sosialisme is. Hulle genereer of onderhou geen welvaart nie, maar wil dit altyd gratis en verniet hê van dieselfde Afrikaners en ander wittes wat hulle vir alles blameer. Gooi klippe met een hand en hou ander hand uit vir geld. En die res van die wêreld het dit nou ook leer ken met die migrante.

Conrad ·

@Jerry

Benepenheid maak dit onmoontlik om te verstaan wát gematig beteken. Soos om van Malema te verwag dat hy verstaan hoe ‘n aanhoudende, nimmereindigende slegsê van minderheidsgroepe is.

Toegegee, hy verwys dat hy dit nie teen wittes het nie maar teen wit kapitaal. En hy het dalk ‘n punt. Wanneer het Wit Kapitaal iets vir jou of jou kinders gedoen? Dat Anglo American sê: Hier is ‘n beurs vir jou kind wat 6 onderskeidings gekry het en graag ‘n ingenieur wou word! Of ABSA? Of PSG? Of enige Wit Kapitaal wat jy ken?

Die realiteit is jou geld is goed genoeg maar jy of jou kinders is bloot pionne.

Die Afrikaner is in ‘n moeilike posisie. Hoe vind ons daardie gematigdes? Waar vind ons hulle? Waarom tree ander gematigdes nie op dat dit herken kan word as gematig, billik, redelik, nie?

Judge Dredd ·

Die ANC het die wereld geflous en doen dit blykbaar nog steeds.

Andre ·

Die aanbidding van standbeelde en vals gode….n beter land vir almal? Almal behalwe wit mense.

Casper Labuschagne ·

In Suid Afrika het Mandela se reënboognasie effektief saam met hom graf toe gegaan en word Mandela vandag deur radikale swart nasionaliste verag. Maar die mitologie moet ten alle koste aan die lewe gehou word…

Stom ·

Sies!! Daai Cyril eet met daai mond van leuns…demokratiese land????? Eeen Die wêreld glo die twak??

Willie ·

Ag asseblief SA is nie eers 1% naby aan wat dit kamtig moes gewees het nie… Die korrupte ANC skuil agter Nelson..

Manie ·

Die man wat so verafgod word was die vader van staatskaping

Conrad ·

AB InBev, SAR British American Tobacco, Naspers, Glencore, Xtrata, Richemont, BHP Billiton, Anglo American, FirstRand, Standard Bank Group, Vodacom, Sasol, Old Mutual, Sanlam, Barclays Africa (Absa), South32, Shoprite Holdings, Nedbank, Remgro, Mondi, Discovery Holdings, RMB Holdings, Capitec, Kumba Iron Ore, …?

Wouter ·

So in die wilde weste styl laat die Amerikaners hom handzup

Grassie ·

Ek wonder wie betaal vir die standbeeld. Ek hoop nie dit is die 10% belastingbetalers in ons land wat moet betaal vir die ander 90% se afgod nie.
Dit is interessant hoe die Verenigde Nasies bedank word vir hul aandeel in die “struggle”. Ek dink hulle is ‘n vrotsige nuttelose organisasie wat oorheers word deur lande wat die Weste nie goedgesind is nie maar die westerse lande moet dit finansier. Klink baie soos die ANC hier by ons.

Nikita ·

n Afgod van klei. En dan het eff nog boonop gister op erfenisdag in n verklaring gevra dat die regering alle apartheids standbeelde & simbole moet verwyder, en so ook Die Stem. Nou Nkosi sikelel ‘ iAfrika(gaan kyk bietjie wat beteken Nkosi en wie is Nkosi). Dink hulle nou ons is siende blind & horende doof.

Laat staan beeld ·

Nou vra ek wat van al die afrikaner staandbeelde wat ook so vir afgod word. Gelukkig word daar van die onderdrukker se staandbeelde ontslae geraak een vir een. Blankes kan Mandela se voete soen as dit nie vir sy gesindheid van vrede was nie. Sou blankes al lank al land uit gewees het. So count your blessings. Daar is mense in ons land wat net wil haal braak. En niks omversoening doen nie. Ek haal my hoed af aan die wat uitreik oor kleur en kultuur grense heen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.