Mandela-stigting: ‘Zuma moet gaan’

Njabulo Ndebele, voorsitter van die Nelson Mandela-stigting. Foto: http://www.njabulondebele.co.za

Die Nelson Mandela-stigting het sy stem by talle ander organisasies en politieke partye gevoeg deur ʼn oproep te doen dat pres. Jacob Zuma moet bedank.

Njabulo Ndebele, die stigting se voorsitter, het gesê die manifestasie van misdaad, korrupsie, armoede en werkloosheid in die land is die gevolg van die Zuma-regering se mislukkings op verskeie vlakke. “Dit is geen wonder hierdie onuithoudbare situasie het daartoe gelei dat talle mense oor die land heen ʼn beroep op die president gedoen het om te bedank nie,” het Ndebele gesê.

“Ons moedig Zuma aan om na die stemme van die mense te luister. Sou hy dit doen, sal dit die tweede keer wees wat hy doen wat die mense versoek. Die eerste keer was toe hy homself aan die stryd teen apartheid bewillig het.”

Ndebele het gesê indien Zuma enigsins ʼn “goeie gewete” het, sal hy bly waar hy is nadat hy bedank het en nie uit die land vlug nie. “As die president van die republiek ʼn demokraat is, sal hy na Suid-Afrikaners luister en volgens hul wense optree.”

Die Nelson Mandela-stigting het ook gesê hy ondersteun ʼn kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping deur die omstrede Gupta-familie. Ndebele het gesê Suid-Afrikaners moet verantwoordelikheid neem “om ʼn hervoorstelling van die toekoms te doen”.

“Indien ons wil hê dat die toekoms aan alle Suid-Afrikaners wat die Grondwet respekteer moet behoort, moet almal van ons met ʼn gesamentlike doelwit werk. Dit is vir hierdie rede dat die stigting ten sterkste gekant is teen die aanslag op die Grondwet en die verswakking van ons demokratiese instansies. Ons ondersteun die dringende vestiging van ʼn kommissie van ondersoek om staatskaping in al sy vorme te ontbloot. Ons doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om paraat te wees teen die kaping van demokrasie self.”

Sello Hatang, die stigting se uitvoerende hoof, het gesê die organisasie sal voortgaan om bewusmaking te skep oor hierdie kwessies wat alle Suid-Afrikaners raak. “Ons sal ons aksies hiermee verskerp en ons doen ʼn beroep op landsburgers om hulle uit te spreek teen die huidige stand van sake.”

Ander trustees van die stigting wat ook by die mediakonferensie teenwoordig was, was Tokyo Sexwale, Mamphela Ramphele, Nikiwe Bhikitsha en Irene Menell.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Moedeloos ·

Dankie aan elke lid van die Mandela stigting vir hierdie inisiatief mense is moeg en moedeloos vir al die misdaad,korrupsie en moorde wat elke dag in hierdie mooi land van ons plaas vind. Stop Zuma en sy kaders asb!!

Arie ·

Wel een ding is verseker zumu kan nooit weer die rasse kaart speel nie, nie eers sy eie mense sal dit nou meer glo nie

riana ·

Ja nee julle wil net dankie se dat daar dalk iemand is wat kan dink en ons kan help in die land oor moord korrupsie. Julle die Boere is ons lewe wat sal ons sonder hulle maak. Die meel vir brood en pap val nie uit die Hemel nie. En so die vleis ook nie. Dankie Mandele stigting dat julle gaan help. Ons het iemand soos julle nodig en dit is n groot leemte in die land vandat Mandela nie meer met ons is nie. Hy was n wonderlike President het ook foute soos ons almal gehad maar wie is vol maak. As ons net in vrede kan lewe en nie worry oor moord, verkragting en kaping nie dan sal dit al beter gaan en Korrupsie in die land kyk hoe lyk als waaris al die geld heen waar gaan dit heen. Nee ons het groot hulp nodig in die land.
Zuma moet asb uit en al sy mense wat net soos hy is.

Andre ·

Ek stem selfs saam met sy eie ANC lede dat hy moet gaan maar hy sal nie gaan nie want dan is die tjoekie sy voorland. Hy moet maar wegloop en by sy geliefde Gupta’s gaan leplek soek!

Annette Stander ·

Dieselfde ou deuntjie uit alle windrigtings! Dis so goed as ‘n wind laat in ‘n donderstorm

popeye ·

Dis seker te veel gevra van Zuma om introspeksie te hou…
Mnr Zuma; as u die dag oud en afgeleef in die son op die voorstoep sit en bepeins…waarvoor sal u onthou wil word? Wat is u nalatenskap? U weet, elke mens het nogal ‘n groot mate van beheer hieroor in sy eie lewe.

Alet ·

En HOE moet ons as die minderheid paraat wees teen staatskaping??? Dis buite ons beheer!!! Zuma bly maar aan bewind en voer ons land stuk vir stuk aan die Guptas en die duiwel. Wat kan ons as wettige landsburgers doen?? n Petissie onderteken?? Nie eens ons stem tel tydens stemning nie want die stembriewe raak net weg..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.