Mandla Mandela skuldig aan aanranding

Mandla Mandela

Mandla Mandela

Mandla Mandela, oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, is Dinsdag in die Mthatha-streekshof skuldig bevind op ʼn aanklag van aanranding.

“Ek kan bevestig dat hy skuldig bevind is op die aanklag van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, maar vrygespreek is op aanklag dat hy ʼn vuurwapen gerig het,” het Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, in ʼn verklaring gesê.

Vonnisargumente sal op 2 en 3 Junie aangehoor word.

Mandela het Mlamli Ngudle, ʼn onderwyser, in Oktober 2013 aangerand nadat Ngudle een van Mandela se gaste se motors getref het.

Lees alle vorige berigte oor Mandla Mandela op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ra ·

Klink soos vandag se bederfgat kinders.
Hulle kry alles wat geld kan koop..behalwe n opvoeding en liefde van hul ouers.
Daar is geen empatie en hulle neem ook glad nie ander mense in ag nie.
Die grootste sonde voor God is “pride”..
…maar ons kan mos sonder Hom klaarkom.

Hein ·

Spul kriminele wat wegkom met misdaad. Wat anders kan mens verwag as n terroris opgehef word tot” vader van die nasie” ? Genoeg om jou sieklik te maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.