Mandoza het ‘drie uur lank op ambulans gewag’

Die bekende kwaito-musikant, Mandoza. Foto:  http://www.mandozamusic.co.za/

Die bekende kwaito-musikant, Mandoza. Foto: http://www.mandozamusic.co.za/

Mandoza, die bekende kwaito-musikant wat Sondag by sy huis oorlede is, moes glo drie uur lank vir ʼn ambulans wag wat toe nooit opgedaag het nie.

Maroela Media het vroeër berig Mduduzi Tshabalala, beter bekend as Mandoza, is in die ouderdom van 38 oorlede, nadat hy vroeër met breinkanker gediagnoseer is. Kevin Ntaopane, Mandoza se bestuurder, het Maandag in ʼn radio-onderhoud gesê Mandoza is “in sy arms dood”, minute voordat hulle by die hospitaal opgedaag het.

Volgens Ntaopane het hulle meer as drie uur op die ambulans gewag om Mandoza by sy huis op te laai voordat hulle besluit het om self met hom hospitaal toe te jaag. Die musikant is glo omstreeks 12:00 in die motor dood.

Mandoza het twee weke gelede by ʼn SAUK-konsert opgetree waar hy deur vriende en familie op die verhoog gehelp moes word. Dit was sy laaste verskyning in die openbaar.

Pres. Jacob Zuma het Sondag in ʼn verklaring sy medelye teenoor Mandoza se geliefdes uitgespreek en hom beskryf as ʼn baanbreker in die kwaito-musiekgenre.

“Suid-Afrika het ʼn pionier verloor wie se musiek aanklank gevind het by jonk en oud en wat die unieke oorskakeling tussen kulture bereik het deur musiek te maak wat swart en wit Suid-Afrikaners geniet het. Dit is ʼn groot verlies vir ons nasie en Mandoza sal baie gemis word. Mag sy siel in vrede rus,” het Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ella ·

Ek verstaan nou glad nie. die eerste berig se hy is in die ambulans opad hospitaal toe oorlede nou was hy nooit in die ambulans en is in in n motor oorlede en die ambulans het nooit op gedaag. maroela sal moet oplet na die artikels wat hulle skryf dit plaas die koerant in n baie slegte lig as daar berigte gekryf word paar uur uit mekaar en dit stem glad nie oor een. En dit dra die verkeerde verhaal oor aan die lesers. RIV en sterkte aan die familie

Landi Slatter ·

Dagsê Ella,

Dankie vir jou navraag. Maroela Media het gister berig dit is nie duidelik of Mandoza by die huis of in die hospitaal oorlede is nie. African News Agency berig vandag dat die ambulans nooit opgedaag het nie, en dat Mandoza op pad na die hospitaal oorlede is. Verskillende weergawes van die gebeure is steeds besig om aan die lig te kom.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

zahn ·

Ella, baie dankie, maar persoonlik dink ek jou kritiek sou meer van waarde gewees het as jy jou kommentaar geproeflees het. Almal maak spelfoute, ek gee toe, maar jy het ‘n hele besembos in jou oog waar jy die tandestokkie inhul berig raaksien. Nee man!

Elma Viljoen ·

Watter berig verwys jy na. Ek het hierdie berig gelees

Anoniem ·

Hoekom dan self so lank gevat voordat hul hom hospitaal toe gevat het..aangesien hul binne n kort rukkie kon sien die ambulans is nie gou genoeg daar!!!!!!…My innige meegevoel en sterkte aan elkeen.

Lize ·

Eienaardig hoe die gebrek aan diens deel uitmaak van die berig…..ook maar net omdat hulle dit nou aan hulle lywe voel daardie traak my nie agtige houding van jy kan maar wag. Jammer vir die groot verlies!!!

Jakes ·

Het Zuma al ondersoek gelas oor hoekom ikone en pioniers 3ure wag op ambulanse? Het Mandela sin oppad hospitaal toe ook gebreek, of onthou ek verkeerd?

Ig ·

Sonder om onsensitief te wees is my vraag of hy sou bly lewe het indien die ambulans betyds was?

Eileen ·

Ek isnie ‘n Dr nie, en daarom kan ek nie sê of Mandoza se lewe gered kon word nie – ek dink net dat sy pyn nie so erg sou gewees het, indien die ambulans vroeer opgedaag hetnie. RIP Mandoza – en dankie vir die lekker ” memories” wat jou musiek gemaak het.

Griet ·

Heel moontlik sou hy nie bly lewe het nie, ek lei af sy toestand was terminal, maar ten minste sou sy familie die berusting gehad het dat alles medies moontlik vir hom gedoen was. Nou sal hulle altyd wonder….

Marianne ·

My hart is seer vir sy familie – vriende en personeel…
Ek het van die ou se musiek gehou. Ek het nie ‘n idee gehad waaroor hy sing nie, maar dit was nice.
Ek het ‘n paar van sy onderhoude gesien en gelees…. Hy was ‘n goeie mens like mens.
Sy aan hangers gaan hom mis.
Rus in vrede ou grote jou pyn is verby.

Lance ·

Hulle was dalk te bang om in die area integaan en het gewag vir versterkings …mense wat wil help wird mos nou aangeval en beroof

Foxi ·

Sekerlik sou Mandoza dit nie gemaak het nie, of die ambulans nou opgedaag het of nie. Maar sekerlik MOET n ambulans binne minute daar wees?

Sam ·

Wens so dit was wel die geval Foxi maar hier in SA bel jy Maandag al die ambulans net vir ingeval iets met jou gebeur Vrydag:/

RIV Mandoza

Sid ·

Nie ‘n geweldige aanhanger van kwaito musiek nie maar daardie een song van hom het sy ernegie gewys en sy passie uit geleef. Rus in vrede en mag jou familie berusting vind. Mag sy musiek verder vreugde rustigheid in ander se lewe bring.

Magda ·

Welkom in die “NUWE” Suid-Afrika… die nooddienste is nie meer daar vir nood nie- so klim in jou eie motortjie en sorg dat jy self by die hospitaal kom.. wie wag 3 ure vir n amlulans as dit regtig nood is? en Mandoza het n voertuig gehad-hy was nie n sogenaamde agtergeblewene nie

Gideon ·

Omdat hy bekend is, is dit nou ‘n probleem!! Hierdie tipe diens is alledaags in ons land!

tinah ·

jissssssssssssss, klomp ouvrouens julle wat so kerm en pruttel, konsentreer op die berig…….. nou sit julle en soek die verskille speel , en mekaar se spelfoute check, gee my ook n job daar waar julle werk!

Isabel Louw ·

Net ‘n vraag. As dit sy tyd was, wat dit skynbaar was, sou hy in elke geval gesterf het. Maar wat het sy familie en bestuurder wat nou gal braak verhoed om, toe hulle sien die ambulans daag nie op nie, homself hospitaal toe te neem nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.