Mandrax-tablette op bus gevind

Mandrax-tablette  (argieffoto)

Mandrax-tablette
(argieffoto)

Mandrax met ʼn geraamde straatwaarde van R600 000 is Vrydag op ʼn bus op die N2 in die Oos-Kaap opgespoor.

“Drie beamptes op patrollie het die bus, van Oos-Londen onderweg na Port Elizabeth, net ná 17:00 afgetrek en deursoek,” het kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die Mandrax-tablette was in ʼn sak in die sleepwa tussen klere versteek.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.