Mandrax van R2 miljard opgespoor danksy brand

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Gauteng het beslag gelê op mandrax met ʼn geraamde straatwaarde van R2 miljard in Benoni aan die Oos-Rand, danksy ʼn brand wat by ʼn perseel uitgebreek het.

“Ongeveer drie ton mandrax is Sondag gekonfiskeer,” het kapt. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. Die dwelms is ontdek nadat ʼn brand by ʼn kleinhoewe in Crystal Park uitgebreek het.

“Die hek was gesluit en brandbestryders moes dit oopforseer,” het Mngomezulu gesê. “Vier mense het van die toneel gevlug toe die hek oopgemaak is.”

Brandbestryders het die vuur geblus en op ʼn laboratorium afgekom waar dwelmmiddels vervaardig is. “Ons vermoed dat ʼn ontploffing die brand veroorsaak het. Daar was ʼn menger, chemikalieë en ander bestanddele om dwelms mee te vervaardig in die motorhuis,” het hy bygevoeg.

Mandrax is op die tennisbaan van die perseel uitgepak om uit te droog.

Die polisie ondersoek ʼn saak van die vervaardiging van dwelmmiddels. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.