Mandy Wiener gesels oor Mafiabase, georganiseerde misdaad en misdaadintelligensie

mandy-wiener-boek-ministry-of-crime

Die skrywer en joernalis Mandy Wiener het met Maroela Media gesels oor haar jongste boek getiteld ‘Ministry of Crime’. Foto: PanMacmillan/Twitter.com

“Indien ons die donker misdaadprentjie in Suid-Afrika wil omswaai, moet daar dringend na die plaaslike misdaadintelligensiestrukture in die land gekyk word.

“Misdaadintelligensie is oor die laaste dekade totaal en al afgetakel. Talle misdaadintelligensiebeamptes is of was self by misdaad betrokke of het op mekaar om politieke redes gespioeneer. Ek reken daar moet heeltemal voor hierdie departement se deur gevee word om sake om te swaai.”

Dit is die mening van die skrywer en joernalis Mandy Wiener wie se boek Ministry of Crime, an underworld explored nou op die rakke verskyn.

Wiener het Suid-Afrikaners in 2011 ʼn blik op die plaaslike georganiseerde misdaadwêreld gegee met haar boek Killing Kebble, an underworld exposed.

Sy is nou terug met ʼn opvolg op dié boek wat na georganiseerde misdaad oor die laaste dekade kyk. Die toutjies van dié ingewikkelde web word net ná die dood van die mynbaas Brett Kebble en die aankoms van die berugte Mafiabaas Radovan Krejcir in die land opgetel. Die boek bekyk ook Kaapstad se misdaadonderwêreld en hoe die kriminele regstelsel by dit alles verstrengel is.

Sy reken die polisie se nuwe hoof van misdaadintelligensie, Peter Jacobs, is reeds besig om goeie vordering te maak deur stabiliteit in dié afdeling te vestig, maar sy reken daar kan nog gedoen word om die polisie uit die kloue van georganiseerde misdaad te kry.

“Die polisie sal byvoorbeeld moet kyk na die informante wat hulle gebruik. Daar is in die verlede ʼn paar ongure karakters as polisiebronne aangestel net sodat hulle self vervolging kan ontduik – die hele stelsel sal heroorweeg moet word.”

Wiener sê sy sal egter nooit sê Suid-Afrika is besig om die stryd teen misdaad te verloor of dat misdadigers nou die land oorneem nie.

“ Ons lewe beslis nog nie in distopie van ʼn wettelose staat nie. Ek dink die slagoffers van misdaad voel altyd ons is besig om die stryd te verloor, maar die waarheid is, daar is ook nog talle skuldigbevindings.”

Sy verwys na Arno Lamoer, die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, wat onlangs aan korrupsie skuldig bevind is en Henri van Breda wat vir die moord van sy ouers en broer gevonnis is.

Wiener erken egter, terwyl daar darem nog talle voorbeelde van geregtigheid en wet en orde in die land is, is dit ook so dat die polisie by georganiseerde misdaad betrokke is. Sy glo transitorooftogte is ʼn voorbeeld hiervan.

Ministry of Crime, waarvan die titel juis sinspeel op hoe wetstoepassers wat eintlik georganiseerde misdaad moet bekamp, dikwels verantwoordelik is vir die instandhouding van dié soort misdaad, en ondersoek ʼn paar van die meer berugte Mafiabase, soos Krejcir, se verhoudinge met die polisie en wetstoepassers van die land.

Dit is vir Wiener moeilik om te sê hoe ver, wyd of diep die misdaadweb van Suid-Afrika strek.

“Jy moet onthou die georganiseerde misdaadwêreld in die land is nie net een enkele entiteit nie. Daar is verskillende onderafdelings, soos die Chinese triades, Israeliese Mafia, perlemoensmokkelaars en die mense wat onwettig met sigarette en tabakprodukte smokkel, om slegs ʼn paar te noem.”

Sy reken daar is nog baie wat Suid-Afrikaners nie weet van hierdie onderwêreld nie en dat die regte sleutelfigure in dié wêrelde eintlik hulself maar skaars hou en sku is vir die media.

ʼn Mens kan maklik wonder hoe en waar Wiener dan nou aan haar kontakte in hierdie donker onderwêreld kom.

“Dit is beslis ʼn geval van ʼn goeie netwerk opbou. As joernalis is jou goeie reputasie eintlik al wat jy het en ek het seker ʼn reputasie as ʼn betroubare misdaadjoernalis opgebou. As iets in Bedfordview gebeur het, word ek vinnig daarvan vertel.”

Vrees sy ooit vir haar lewe as sy moet skryf oor hierdie berugte karakters?

“Dit is altyd vir my ongemaklik om oor hierdie onderwerp te gesels.

“Jy moet onthou die mense waaroor ek skryf, staan gewoonlik self die onderhoude toe en hulle weet hulle gesels met ʼn joernalis. Hulle voel ook gewoonlik hulle kry nou die geleentheid om hul weergawe van sake te stel.

“Ek dink polisiebeamptes, aanklaers en die verklikkers doen die eintlike gevaarlike werk, dit is hulle wat in die spervuur staan.”

Kan ons binnekort nog ʼn boek oor die Suid-Afrikaanse misdaadonderwêreld uit Wiener se pen verwag?

“Ek het juis onlangs gespot dat ek ná hierdie boek nou eerder ʼn kinderboek oor die onderwêreld van feetjies en kabouters wil skryf – iets eenvoudiger, jy weet.”

  • Luister boaan hierdie artikel na Esté Meyer Jansen se gesprek met die joernalis en skrywer Mandy Wiener. Wiener het telefonies van Johannesburg met haar gesels oor haar jongste boek Ministry of Crime, die laaste dekade van georganiseerde misdaad in Suid-Afrika en hoekom sy op die titel vir haar boek besluit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Omswaai nie meer ·

Ons moet aanvaar daar is geen meer kans vir omswaai nie, die ANC en EFF is nou voluit op loot mode en hulle gaan eers ophou na die land leeg is en ons almal weg is. Ons moet nou slegs fokus op self beskikking onderhandelinge of ons moet met ‘n europese gasheerland reel om ons almal in te neem.

Andrea ·

Ek wens ek kon persoonlik met jou gesels; ons dink dieselfde. Êrens moet iets gedoen word.

thinus ·

Kyk na Mexiko, daar is net soveel geweldsmisdaad: Dwelm kartelle en mense smokkelaars oorheers die ekonomie, en hulle speel die game volgens hulle reels.
Nou in NSA word ook ‘n misdaad ekonomie en misdaad kultuur geskep, die uitkoms daarvan is onafwendbaar, nie eers die massas wat deur die ANC “we will make SA ungovernable” geleer is, sal uit daardie strik hulself kan uit “struggle” nie.

Verskil ·

Dis waar. Ons mopet wel besef dat die tipe misdaad in SA meer wreed is as daar. Hier is dit kinders en bejaardes as slagoffers, daar is dit geharde misdadigers self, hulle ergste misdaad het meestal bendelede as slagoffers.

marous ·

Sy hoef glad nie ‘n kinderboek uit die onderwereld met feetjies en kabouters te skryf nie ….sy kan die ANC se “sukses verhaal” van 25 jaar net op skrif sit en Viola!

Omswaai nie me ·

Ons moet aanvaar daar is geen meer kans vir verbetering nie, die ANC en EFF is nou voluit op loot mode en hulle gaan eers ophou na die land leeg is en ons almal weg is. Ons moet nou slegs fokus op self beskikking onderhandelinge of ons moet met ‘n europese gasheerland reel om ons almal in te neem.

J O H A N N E S !!! ·

TERUGBYT VOORDAT DIT TE LAAT IS.
DIE MOORDENAARS TEIKEN NOU DIE
WAT VOORKOM.
FINANSIERING

Dereck Le Roux ·

Ons moet ook aanvaar dat die skuldigbevindings van ‘n paar sleutelfigure in die misdaadwereld maar slegs ‘n druppel in die emmer is om die polisie en die NVG te laat goed vertoon vir propaganda doeleindes en om die publiek te paai en te mislei dst misdaad nie eintlik buite beheer is nie en dat dit deur die media oordryf word terwyl Annelize Burgess in haar boek Heist dit noem dat selfs regters word omgekoop met bedrae geld wat mens nie eers met die lotto kan wen nie, ons moet maar erken of ons wil of nie dat misdaad geheel en al buite beheer is en integriteit bestaan slegs tussen die bladsye vsn die woordeboek.

Lola ·

Mandy Wiener is ‘n fantastiese skrywer en ‘n brijante, eerlike en flukse verslaggewer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.