Mangat-moord: Drie in hof vir moord op oudpolisieman

Wyle Danie Dreyer. Foto: Facebook

Wyle Danie Dreyer. Foto: Facebook

Drie verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Pretoriase landdroshof verskyn weens die moord op Danie Dreyer (64) wie se liggaam onlangs in ʼn mangat in die stad gevind is.

Dreyer, ʼn voormalige luitenant-kolonel in die SAPD en eienaar van Jakaranda Grafstene, se liggaam is verlede Maandagaand in ʼn mangat in die Moot-omgewing aangetref nadat sy voormalige 36-jarige vriendin haar aan die polisie oorgegee het. Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het vroeër aan Maroela Media gesê die vrou het haar by die Villieria-polisiestasie oorgegee en Dreyer se dood aangemeld.

“Sy het die polisie na die man [Dreyer], haar voormalige kêrel, se huis in Villieria geneem waar hy vermoedelik op 28 Maart tydens ʼn geskil oor geld vermoor is,” het Weilbach gesê. “Sy het daarna ʼn adres in Capital Park uitgewys waar sy glo met die hulp van ʼn vriend en twee ander mans die slagoffer se liggaam in ʼn mangat gestort het.”

Weilbach het gesê die vrou, Estelle Reddy, en haar 41-jarige vriend, Gerhardus Pienaar Papenfus, is kort daarna op aanklag van moord in hegtenis geneem. Hulle het verlede week hul eerste hofverskyning gemaak, waarna uitstel gevra is vir verdere ondersoek. Hulle sal na verwagting Dinsdag om borgtog aansoek doen.

Een van die ander twee mans wat moontlik met die voorval verbind kan word, is Woensdag om 01:00 by ʼn huis in Eersterust in hegtenis geneem. Die verdagte, Kevin Johnson (29), het kort daarna ook in die hof verskyn en daar is versoek dat hy saam met Reddy en Papenfus verskyn.

Die vierde verdagte is nog soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Geskok ·

Mens kan maar net geskok wees. Manne weereens skrik wakker, die dames is net daarop uit om geld uit julle te maak. Hulle gee voor hul is mal oor julle. Julle voel so gevlei en laat alles gaan en leef vir die dames terwyl ‘n luis soos Papenfus geduldig sit en wag terwyl jy met sy chick besig is en as jy begin agterkom iets is nie reg of jou geld loop soos water dan beland jy in ‘n mangat! Bly liewer by jou gesin wat jou al die jare ondersteun en goed behandel het, dit is liefde.

Marga ·

Sjoe ja Geskok,,,,,, ek stem saam met jou ….. moenie in die versoeking gelui word nie ” julle voel so gevlei en laat alles gaan” …… wees getrou aan jou gesin en familie en hou jou uit die kwaad. Mens weet nooit met wie jy te doen kry nie…. die duiwel sit om elke hoek en draai

yvonne ·

Sjoe, julle twee weet darem baie van sy persoonlike lewe af en veralgemeen sommer alle vroue. Nee man. Het julle niks beter om te doen nie!

Bets Bothma ·

Danie is my man se neef. Hy het nie meer n verhouding met die vrou gehad nie, het haar net gehelp met werk en blyplek toe haar huwelik nie uitgewerk het nie. Sy het vermoedelik geld verduister en daarvoor is hy vermoor. Sy het alles beplan en ook probeer om getuienis te vernietig. Hoop sy word vir ewig weggesluit, want sy het n goeie pa en oupa weggeneem op n wrede manier. Dank die Here dat sy ouers nie meer lewe nie.

Bets Bothma ·

Wil net noem as jul wonder – Danie is al jare n geskeide man – hy het nie sy vrou of gesin versaak nie – hy is vermoor omdat hy iemand wou help – hy was n baie goeie mens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.