Mangat-moord: Vierde verdagte gee homself oor

Wyle Danie Dreyer. Foto: Facebook

Wyle Danie Dreyer. Foto: Facebook

ʼn Man, in sy 40’s, het homself Dinsdag by die Villieria-polisiestasie oorgegee in verband met die moord op Danie Dreyer (64).

“Die man, van Eersterust, het homself omstreeks 15:30 aan die polisie oorgegee,” het kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Hy sal na verwagting Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van moord.”

Maroela Media het vroeër berig drie verdagtes moet in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met die moord op Dreyer.

Dreyer, ʼn voormalige luitenant-kolonel in die SAPD en eienaar van Jakaranda Grafstene, se liggaam is op 4 April in ʼn mangat in die Moot-omgewing aangetref nadat Estelle Reddy (36) haar aan die polisie oorgegee en Dreyer se dood aangemeld het.

Dreyer is vermoedelik op 28 Maart tydens ʼn geskil oor geld vermoor.

Reddy en haar vriend, Gerhardus Pienaar Papenfus (41), is kort daarna op aanklag van moord in hegtenis geneem. Kevin Johnson (29) is op 6 April ook in verband met die moord in hegtenis geneem.

Lees alle vorige berigte oor die Villieria-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa B ·

Dit is darem vreeslik. Eintlik is geld ‘n euwel. Dit bring meer elende as verligting.
Sjoe Kloekie – dit laat ‘n mens se hare regop staan………………

m ·

Dis skokkend om te sien hoeveel mense by hierdie man se moord betrokke was.

Pieter ·

Siek siek die wereld va n ons n mens is nereñs meer veilig nie ,wat het di mens nou dalk lewes lank tronkstraf Hele lewe en toekoms weggegooi

Lorraine ·

Ai, alle sterkte aan die familie. Sy gedenksdiens vind vandag plaas. Was ‘n wonderlike mens, net jammer sy lewe moes so tragies eindig!!

Hettie ·

DOODSTAF MOET TERUG!!!! Sjoe so lyk elke dag vermoor, doodbrand, doodskiet, aanrand, ens!

wilhelm ·

sjoe dis n wrede moord en die ergste vir my is ek ken die een vergdagte se ma sys so goeie mens en lei haar lewe reg so waar het hy so die pad duister geraak ek hoop ni hy kom gou uit die tronk uit nie hy het sy ma nog net trane besorg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.