Mangaung-metro aangekla ná honde uitgesit moes word

Foto: DBV

Vyf veiligheidshonde van die wetstoepassingsafdeling van die Mangaung-metro moes uitgesit word nadat die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) op die honde beslag gelê het.

Volgens Charmaine Engelbrecht, ʼn inspekteur by die Bloemfontein DBV, is daar op die honde beslag gelê nadat dit aan die lig gekom het dat hulle in gebreekte en geroeste hokke aangehou word.

“Hierdie honde het ernstige spier- en skeletprobleme gehad aangesien hulle al jare gelede moes aftree. Die omstandighede waarin die honde aangehou is, was skokkend.”

Foto: DBV

Engelbrecht het gesê die honde kon nie lank staan nie weens hul heupprobleme en lang toonnaels wat hulle seergemaak het as hulle geloop of gestaan het.

“Hulle het soveel pyn gehad. Hierdie honde het gebreekte vrot tande gehad en gesukkel om te eet. Dit was pynlik om te sien hoe hulle sukkel net om op te staan. Hulle het onnodig gely.”

Die honde is ook nie geborsel nie en het nie behandeling vir vlooie of bosluise ontvang nie.

Foto: DBV

Die DBV het ʼn lasbrief bekom, die honde van die perseel verwyder en na ʼn veearts geneem vir behandeling.

Volgens Engelbrecht het die veearts bevind die honde was in geen toestand om steeds werk te verrig nie. “Die arme honde was oud en swak en moes ongelukkig van kant gemaak word om hul lyding te beëindig.”

Die DBV het ʼn klag van dieremishandeling by die polisie teen die Mangaung-metro se wetstoepassingsafdeling en bestuurder aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Madz ·

Hoekom is ek nie verbaas nie….. “mangaung metro”… spreek boekdele.

Anoniem ·

Dit is net weereens n bewys dat hulle na niks kan kyk nie. Hulle is altyd in tru rat selfs as hulle parkeer in die dorp kan jy hulle maar dophou altyd in reverse.

isabelle ·

dit maak my boos!!!!! ARME HONDE En hulle is altyd so getrou

Helene ·

Ek is woedend! Hulle net nie in staaat om na enigiets ordentlik te kyk nie! Die land is op sy kniee. Verder moet ek eerder net stilbly!!

Nie Verbaas ·

Ek hoop dat DBV met die saak slaag. Die “onkunde” is frustrerend.

lollapot ·

Bitter hartseer. . . . My ma het altyd gesê. kyk na ‘n man se diere, dan weet jy hoe versorg hy sy gesin!

Willie ·

Spreuke 12 vers 10 beskryf hierdie situasie baie mooi: Die regverdige sorg goed vir sy diere, maar die goddeloses is wreed.

marius ·

Hierdie mense het geen eerbaarheid , trots of gevoel nie . Punt

Dries ·

Ons wil op hoogte gehou word van hierdie saak asseblief. Ons wil name en foto’s sien van die skuldiges, en daar moet volledig oor die hofsaak berig word. Dit is verregaande dat daar so bohaai gemaak kan word in hierdie land oor absolute nonsens, en dit vir dae lank ‘trend’ op twitter, maar gevalle soos hierdie waar basies menslikheid duidelik ontbreek, word ‘oorgesien’.

Hannahoekom ·

Laat my dink aan die arme perde by die weermagbasis so n jaar gelede. Arme diere was verhonger en die “lede” almal spekvet (en ongesond). Sover my kennis strek, het niemand ooit verantwoordelikheid aanvaar nie… Weet iemand dalk wat van daardie saak geword het?

Willem ·

Antwoord my één vraag: Was dit ‘n witman in beheer van hierdie diere?

Lindi ·

Dis sulke berigte wat my interne woordeskat nog verder uitbrei. Ek kan eevoudig nie verstaan hoekom doen mense dit aan diere nie.

VanAfrika ·

Hierdie honde het meer polisie werk geken as die polisie self. Hulle was rats en fiks en n ordentlike gewig om enige krimineel aan te vat. Hulle kon mure en dakke klim en vinniger hardloop as enige polisie lid. Hulle was elke dag getrou op hulle pos en was nooit ongeskik met die publiek of het geen “bribes” gevat nie. Hulle het bevele gehoorsaam en geen wet oortree nie.
Hulle het hul handteerders gehoorsaam en het hulle liefgehad. In ruil vir hul harde werk en getrouheid het hulle net n bord kos, lekker slaap plek, goeie mediese sorg en liefde terug verwag.

En dis hoe jou getrouste lid van die polisie diens behandel word!!!!!!

Werk jy vir die polisie diens is jy staats eiendom. Die staat en die polisie het hierdie “polisie lede” by verre misluk.

FM ·

Diere maak nie die keuse wie hul eienaar is nie. Dis die mens wat daardie keuse maak en die dier sal nooit sy natuurlike beskerming weerhou nie. Nog nooit gehoor dat hulle staak omdat hulle mishandel word nie. My getrouste vriende

Gawie ·

Stem saam – laat die skuldiges vir ‘n hele ruk
in daardie hokke onder dieselfde omstandigehede bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.