Mangaung vermors 13 miljard liter water

Foto: Argieffoto

Die Mangaung-metro, wat Bloemfontein en ander omliggende dorpe bedien, het verlede jaar 13 miljard liter water verloor weens lekkasies en swak instandhouding.

Dit het aan die lig gekom in ʼn antwoord op ʼn vraag in die parlement wat die VF Plus aan die minister van water en sanitasie gevra het.

Tammy Wessels van die VF Plus en lid van die provinsiale wetgewer het gesê anders bereken, vermors die metro meer as 36 miljoen liter water per dag. “Die waarde van die water wat verlore gegaan het, beloop volgens die metro se eie tariewe meer as R233 miljoen.”

Wessels het gesê terwyl die sentrale streek sukkel om van die afgelope paar jaar se droogte te herstel, het belangrike waterbronne in die tydperk weens swak herstelwerk verlore gegaan. “Gereelde watertekorte is ook in 2018 in die metro ervaar weens vervalle waterinfrastruktuur en gereelde wanbetaling aan die waterverskaffer, Bloemwater.”

Volgens Wessels is die Mangaung-metro die grootste watervermorser terwyl vuisvoos betalende inwoners aanhou opdok aan bykomende heffings om water te bespaar.

“Indien die metro aanhou om self water te mors deur nie lekkasies te herstel nie, sal sy planne om waterbronne uit te brei, van die begin af ʼn mislukking wees. Die metro sal net meer water hê om te mors.”

Wessels het gesê die minister het intussen ook in antwoord op die parlementêre vraag gesê ʼn verlaging in die droogtebesparingsheffings (van 20% na 15%) is regverdig na verbeterde damvlakke.

“Die VF Plus sal die metro versoek om die droogteheffings aan te pas om verligting aan vuisvoos inwoners te bring deur ʼn mosie in die verband in die raad in te dien.

“Die VF Plus sal ook versoek dat daar dringend ʼn oudit gedoen word op die metro se waterpypleiding sodat vir dringende instandhoudingswerk begroot en beplan kan word.

“Die tyd het aangebreek dat die ANC verantwoordelik gehou word vir sy mislukkings in die Vrystaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kwagga ·

Sommer net hartseer om te lees hoeveel water vermors word.

John ·

Waarom Bloemfontein nie ook gratis water vanaf die Katse-dam aanvra nie, weet g’n mens want die hele Lesotho woon ook daar. Kyk maar hoe het die grensposte die afgelope vakansie gelyk. Bloemfontein se naam kan nou maar ook verander want geen blom of fontein is meer in sig nie en volgens wat ons nou verneem, is dit vir altyd iets van die verlede. Miskien wil die geagte rektor net nie erken dat pres Steyn hom persoonlik versoek het om sy standbeeld asb te verwyder nie, want hy kan nie meer die mistroostige uitsig oor die eens trotse hoofstad van die OVS verduur nie. Watter vuil hool het die stad nie geword nie. Alle toeriste moet onthou om donkerbrille te dra wanneer hulle daar aandoen. Afrika in al sy glorie in, is daar in wording. Ga!

Hendrik ·

Goeie môre.

Mijard word gebruik om geld eenhede uit te druk. Liter word uitgedruk as kiloliter, megaliter, gigaliter, ens. As die munisipaliteit 36Ml (megaliter) per dag mors, dan mors hulle 13Gl (gigaliter) per jaar. Sien wiki blad: https://en.wikipedia.org/wiki/Litre

Groete
Hendrik

Skroef ·

En wie moet ons bedank? Defnitief nie boland bank nie. Viva bbbee. Nou gaan hulle die paar blanke betalers se water opsit om die vermorsers en nie-betalers-want-dit-kom-my-toe’ers se gebruik en vermorsung te subsideer. Bolle man, bolle. Skoon lopende water uit krane is n luukse. Betaal daarvoor of gaan skep by sie riviere. Beter nog, gaan terug na julle lande van herkoms en neem malema en ramaphoza, zuma en mtembu saam. DIT kom julle toe.

PIPPIE LANGKOUS ·

Vrystaat is ‘n kort-kop agter Limpopo met swak bestuur – As hulle nie al voor is nie. Regtig??? Hierdie 2 provinsies is vrot appels

Ag regtig ·

Die provinsies makeer niks. Die mense in charge is onbevoegde hebsugtige mense. Hulle hoort nie in beheer nie.

Hendrik ·

Niks gaan verander voordat ons nie die verandering maak nie. Soos dr Frans Coronje van die IRR se moet ons die huidige krisises oorleef.

HENNIE ·

Nog net meer tekens elke dag,dat die land stukkie vir stukkie verkrummel,wanbestuur en onkunde lei tot die verval van strukture,ek het n visie gehad,dat die grond wat ons Suid Afrika noem,gaan n dorre landstreek word met miloene sterwende mense,van honger en siektes.Now take that to the bank.

jakes ·

As ek die mag kon gehad het sou ek die hele bestuur van die munisipaliteit voor n vuurpeloton geplaas het. N eens pragtige land wat van alles gestroop word terwyl onbevoegde mense in beheer is en skotvry daarvan afkom.

Johanna Botha ·

Die ou selfde storie oor en oor …dis net n job and nobody cares …water of nie water ! Tipies anc maar stem sal ons anc stem …??????

Gert van Wierdapark ·

Om water op so skaal te mors is SABOTASIE van skaars hulpbronne! n Vuurpeleton is te genadig – vat AL die skuldiges woestyn toe met net 1 LITER water elk en laat hul oor hul watersondes nadink vir so 2 weke!!!

John McDermott ·

Ons sit met n produk wat munisipaliteite miljoene kan spaar in verliese.Maar dit gaan oor koste en politiek.Die verliese oorskry die koste implimentering van so system met etlike miljoene .
Monitering van water soos met elektriesiteit is skrikwekkend hoog veral diefstal deur verbruikers groot en klein.
Het spesifieke munisipaliteit gehelp en etlike miljoene gespaar aan R de.

Stella ·

In ons omgewing is daar ook `n paar mense wat onwettige konneksies gemaak het om water te kry. Dit is al deur die munisipaliteit gediskonnekteer maar dit spring weer op. DA is al ingeroep om behulpsaam te wees maar is net so useless daag nie eers op vir vergaderings nie, laat weet hulle kom kyk daarna en gee aandag daaraan maar net mooi niks gebeur nie, daar is al verskeie kere gekla oor waterbarste en word dit eers reggemaak 2 weke tot 2 maande na die tyd indien ons dit nie maar self regmaak nie, intussen moet ons gehoorsame eerlike betalers net bly betaal en met tye sonder die dienste sit waarvoor ons betaal en dit terwyl `n hele paar huishoudings gratis water kry en glo my gruwelik misbruik.

Jepetto ·

Ek het 12 jaar terug in Bloem gebly dankie eks daar weg die laaste wat ek daar was in 2017 het ek my boeglam geskrik hoe die stad uimekaar val slaggate in die pad sypaaitjies wat onversord is . bly nou in die KAAP BAIE BETER

Stella ·

Glo my Jepetto, ons bly op die hoewes buite Bloemfontein, die pad voor my huis is so vol gate as jy reguit ry in jou baan moet jy definitief gedrink wees daar kan hulle ons nie aftrek vir dronk bestuur vir heen en weer ry nie. Ons water proe ook soos modder, dit lyk nie so nie maar ons moet water koop as jy wil water drink, dit is ongenadiglik sleg, ons hele stad is so vuil, die dumping site is so gevaarlik talle mense is al daar aangeval en beroof wanneer hulle vuilgoed gaan aflaai dat almal dit nou maar langs die paaie aflaai, die toestande is walglik vieslik, die mooie spruit tussen die Hoë Hof en Landdroshof is `n hool van vuilgoed, die park oorkant die dieretuin is na elke liewe naweek bestrooi met sakke, bottels, take away bakkies, drank bottels, you name it, dit lê daar, die fonteintjie kan jy skaars sien of daar water in is, dit is in elk geval so groen van die slik en alge, nee kyk ons mooie stad, Bloemfontein is regtig nie meer so mooi nie, sekere buurte is nog maar wat die middestad betref kan jy nie eers meer op die plein lunch tye gaan sit nie netso min daar loop. Dit is regtig betreurenswaardig hoe Bloemfontein verval het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.