Mango-aanstelling: BBC sê verskillende ‘standaarde vir swart en wit’

Nico Bezuidenhout. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Die Black Business Council (BBC) wil dringend met die raad van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, vergader oor die aanstelling van Nico Bezuidenhout as uitvoerende hoof van die laekostelugredery Mango.

Mango is deel van die SAL-groep.

SAL het Dinsdag aangekondig dat hy Bezuidenhout aangestel het in ʼn poging om die beleërde staatslugdiens se herstelplan te versnel.

Bezuidenhout begin op 1 Oktober in die pos. Hy het gister aangekondig dat hy bedank as uitvoerende hoof van die pan-Afrika-lugdiens Fastjet, ná drie jaar aan die stuur van sake.

Bezuidenhout was die uitvoerende hoof toe Mango destyds op die been gebring is, en het die redery nagenoeg 10 jaar lank gelei voordat hy in 2016 bedank het.

In 2014 is Bezuidenhout in omstredenheid gedompel toe SAL sy kwalifikasies in die jaarverslae van 2011 en 2012 opgeblaas het. In die verslae is aangevoer dat Bezuidenhout ʼn BCom-kwalifikasie in vervoerekonomie en nywerheidsielkunde, asook ʼn MBA-graad het, terwyl hy dit inderwaarheid nié het nie.

In daardie stadium het die lugredery gesê Bezuidenhout het nie ʼn wanvoorstelling van sy kwalifikasies aan die raad gedoen nie en dat die akademiese kwalifikasies in sy CV feitelik korrek was. Die fout is op die redigeerproses gepak wat verkeerdelik aangedui het dat hy sy grade voltooi het.

Sandile Zungu, president van die BBC, het gesê die organisasie is egter bitter ontsteld oor die aanstelling weens die wanvoorstelling van sy kwalifikasies tydens sy vorige termyn by Mango.

“Bezuidenhout se aanstelling word betreur en laat dit lyk of daar twee standaarde in Suid-Afrika is: een vir wit mense, wat sommer so toegelaat word om hulle duidelike of stilswyende aandadigheid in die vervalsing of wanvoorstelling van akademiese kwalifikasies weg te verduidelik, en ʼn ander standaard vir swart mense, wat summier gestenig en lewenslank vir ʼn soortgelyke oortreding gekruisig sal word,” het Zungu gesê.

“Die aanstelling laat vrae ontstaan oor of Bezuidenhout se heraanstelling regverdig is. Dit lyk of die advertensie [vir die pos] opgestel is om hom spesifiek te pas. Vir dié belangrike pos was die vereistes klaarblyklik net matriek en ervaring in die lugvaartbedryf.”

In ʼn verklaring het die voorsitter van SAL, JB Magwaza, gesê hulle verwelkom Bezuidenhout terug in die SAL-groep en dat sy aanstelling die implementering van die groep se omkeerstrategie gaan verder voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Andre L ·

Ek hoop die BBC sien die ironie in hulle eie naam! Miskien moet hulle eerder ‘n dringende onderhoud vra met die mense regte kommissie oor hulle rassistiese naam

Jaco ·

BBC is 100% korrek in dat daar twee standaarde is. Die een waar wit mense nie aangestel mag word en verseker nie in hoe poste nie en waar swartes in die poste aangestel moet word.

John ·

Suur druiwe en die uiterste vorm van rassisme. Kan net swartes bestuurders wees en word? Oppas vir die duikslag. Swart mense is nie vrygeskeld van die aantrekkingskrag van die aarde nie.

Gert van Wierdapark ·

Siestog! Nie eers geweet daar bestaan (ook) ‘n BBC in SA nie. Ons eie black broad-casting companjie wat nou ook n beueltjie gekry het om op te blaas! “Say no more”! As hulle ongelukkig is oor die aanstelling, hoe moet ons voel oor die feit dat hulle lekker ge-Dudu het toe die doedie die SAL feitlik man-alleen gekelder het! Die plaaslike BBC moet vir n slaggie skrik, al is dit net om wakker te skrik!

Pensioenaris ·

Natuurlik sal daar beswaar gemaak word deur hulle want hierdie man sal net ‘n aanwins vir die bedryf wees. Hoeveel van ons ministers het enige noemenswaardige kwalifikasies waarop hulle kan roem? Dis tyd dat almal ‘n kopskuif maak en mense aanstel wat opgewasse is vir die werk en nie net hulle onbekwame maatjies in poste aanstel net vir die vet salarisse nie. Dan sal dinge in ons mooi land weer reg kom.

Winx ·

Wanneer ek daagliks sulke uitlatings lees, wonder ek by myself of ek by my volle positiewe is, want dis menslik onmoontlik om sin te maak van die absolute twak wat die 77%-ers kwytraak. Kyk wat het Dudu en trawante met die SAL in geheel aangevang (om een voorbeeld te noem), so is dit Zungu se verwagting dat daardie kaliber aanhoudend aangestel word? Is dit die maatstaf van regdenkendes?

Andreas ·

Maroela, julle plaas merendeels berigte oor harde politiek, sake, die ekonomie, korrupsie maar wat van kos, hoe word die pryse van voedsel in die supermarkte deur korrupsie beïnvloed? En buiten korrupsie, ook deur ‘n geknoei, vleis, hoe dinge verdoesel word dat dit in die verpakking mooi lyk, maar as jy dit by die huis oopmaak, of die dag as jy dit gaar gemaak het, is byvoorbeeld die stowevleis vir potjiekos 80% bene met effe vleis buiteom. Watter ander planne het die manne in die mou wat na geld ruik en wat hulle onbevoeg maak om in die bedryf te werk?

Logika ·

Maroela

Wie het SAL se jaarverslae vir 2011 en 2012, waarop die inkorrekte stellings gemaak is, saamgestel en afgeteken?

Johan ·

Maar as die aanstellings anderskleuriges bevoordeel, gee hulle glad nie om nie. Dan kan jy tot president word met net Gr3 agter jou naam!

Blaarman ·

Die BBC is ‘n Afro-rassistiese baantjies-vir-boeties klub.

Maar kom ons wag vir al die feite on uit te kom voor ons besluit dat alles wel pluis was.

danie ·

ai daar moet n BEE persoon (swart)
wees mask ni saak of hy bevoeg is of nie

Stiks ·

Kry vir julle bbc . Dit is tyd vir wit kundiges om te red wat te redde is. Ons woon in n demokrasie. Hallo!!

Karolis ·

Ek gaan maar net sê dis koud in die Karoo want nie een van die klomp dinge wat ek wil sê gaan deur MM aanvaar word nie.

Andre ·

Ek dring daarop aan dat politici met onmiddelike effek net deur BEE loodse rondgevlieg mag word, en die bemanning wie die vliegtuie in stand moet hou moet ook almal BEE wees. Wys ons asseblief!

CallieL ·

Die hele ding het een antwoord. Bevoegdheid. Jy het nie n graad nodig nie, nie die regte velkleur nie, nie die regte vriende of ondersteuners nie. Jy moet die regte ding kan doen. Hoe lank voor al die kenners in die land dit besef en predik. Kyk na alle staatsdiens organisasies en besluit wie bestuur dit, idiotiese kaders of bevoegde persone. Sentiment laat geen besigheid na sukses lyk nie.

Karlahari ·

Nee. Dit sal rassisties wees. Te eksklusief omdat dit net 8% van die bevolking insluit………

George in Bloem ·

Verander maar gerus die naam van BBC na RCB,Racist Cry Babies?

Koos ·

Die man lieg kwalifikasies by, kry werk en nou is daar vrae oor hom. Ek het die teenoorgestelde gedoen: ek was moeg om te hoor eks te hoog of te verkeerd gekwalifiseer en dat ek te wit is om werk te kry. Ek kon nie my velkleur verander nie, so toe het ek maar my grade afgehaal van my CV af, 1 jaar militêre diensplig na 2 jaar verander en die 4 jaar op universiteit na 3 verander. My CV sê bloot “studied at university”. Eks NOOIT oor hierdie goed uitgevra nie, maar ek het weer ordentlike werk gekry.

ano ·

Koos, dis nou werklik innoverend! Dink ek moet ook daai een probeer – net MISKIEN kan ek ook weer ‘n werk kry

Diefie ·

Is iemand benoud, dat oom Bezuidenhout die behoud van SAL red?

Zungu please!! ·

Ja Zungu, en JULLE stenig ons wittes al vandat ek kan onthou oor apartheid; DIT is lewenslank! julle kan geen plek in SA bestuur nie, alles is tot niet. Nou kry ‘n witman die werk want hy KAN werk. Punt. End of story whahahaaaa!

Tommy ·

Want iemand het agtergekom as jy die werk kry agv BEE, al het jy ʼn graad, en jy kan nie die werk doen nie, word alles ʼn Eskom en ʼn SAL en ʼn SABC.

Johan ·

Hulle wil liewers nie erken dat toe hy oorspronklik aan die stuur gekom het die maatskappy voor uit gegaan het en n wins getoon het nie na hy weg is toe vou dit en nou moet hy weer kom red

Barry ·

Die man het meer verstand om n lugdiens te bestuur as die hele direksie van saa saam het in hulle verstand.
Hulle voel net weer minderwaardig want hulle weet hulle kan nie n lugdiens bestuur soos Bezuidenhout nie
Hy het ook nie destyds gelieg oor sy kwalifikasie nie .Die onnosele saa personeel het dit verkeerdelik aangehaal.Hulle kan mos nie lees nie
Dis hoekom ons wette so belaglik is en gereeld in die howe verwerp word of na die parlement verwys word vir veranderinge

pieter ·

Ekke se niks kyk maar net na munisipaliteite in SA dit vertel alles

Landie ·

It boggles my mind sometimes…..soos die engelsman sal se. As die BEE kandidaat lieg oor sy kwalifikasies (spring hulle gou op en verdedig die persoon) want hy het die regte velkleur. Maar hier stel hulle nou ‘n bevoegde person aan met die verkeerde velkleur….met ondervinding in die bedryf…. en hulle BRAAK gal. Die BEE kandidaat wat dan nou gelieg het word geskors “met volle betaling” om by die huis te gaan sit vir jare….PENDING a investigation. Dit is om van siek te raak wat alles in die land van ons aangaan.

Naas ·

Natuurlik is daar twee standaarde vir wit en swart aanstellings in SA. As jy swart is hoef jy nie bevoeg te wees om die pos te kry nie – jou velkleur is genoeg.

Tokkie ·

Was ou Dudu Myeni nie n onderwyser wat met n onderwysgraad aangestel was oor die hele SAL nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.