Mango Groove-lid sterf

Mango Groove Foto: south-africa.co.nz

Mango Groove Foto: south-africa.co.nz

‘n Musiekvideo van die groep se bekende Special Star volg onderaan die berig. Kelly Petlane, ʼn lid van die musiekgroep Mango Groove, is Maandag weens nierversaking oorlede, het The Mercury Woensdag berig.

John Leyden, stigterslid van die groep, het aan die koerant gesê Petlane is in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg oorlede. Hy het glo lank met diabetes gesukkel.

Petlane (64) was bekend vir sy penniefluitjiespel en talent op die saksofoon.

“RIP Bra Kelly Petlane, vriend en kollega,” het Claire Johnston, sangeres van die groep, op Twitter geskryf. “Ons gaan jou mis. Liefde en sterkte vir jou familie. Siya dabuka (ons is hartseer).”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Delia ·

So jammer om dit te hoor……die man KON speel!
Simpatie aan gesin en vriende…RIV

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.