Mango-hoof bedank

Nico Bezuidenhout. Foto: Mango/Facebook

Nico Bezuidenhout. Foto: Mango/Facebook

Nico Bezuidenhout het as hoof van Mango bedank en is nou die nuwe hoof van die ander laekostelugdiens, FastJet.

FastJet het in ʼn verklaring gesê Bezuidenhout sal op 1 Augustus in sy nuwe pos begin. Bezuidenhout het in Augustus verlede jaar teruggekeer na sy pos as hoof van Mango nadat hy as hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) waargeneem het. Mango is die SAL se laekostelugdiens en Bezuidenhout was vir amper tien jaar daar aan die stuur van sake.

Bezuidenhout het intussen aan EWN gesê SAL kort sterk leierskap en dat die huidige situasie by die redery as ʼn “sepie” beskryf kan word.

“Die raad is verheug dat Nico by FastJet aansluit as uitvoerende hoof,” het Colin Child, voorsitter van FastJet, gesê. “Hy het sterk kommersiële en strategiese vaardighede en ʼn magdom ondervinding in die bedryf van ʼn laekostelugdiens. Hierdie ervaring, tesame met sy gedetailleerde kennis van die markte waarin FastJet bedryf word, sal van onskatbare waarde wees vir die maatskappy wat poog om die geleenthede vir groei in die streek te bekom.”

Bezuidenhout het intussen gesê hy is baie opgewonde om in dié fase van FastJet se ontwikkeling by die maatskappy aan te sluit. “Hoewel marktoestande tans uitdagend is, is ek vol vertroue dat ons kan voortbou op die lugredery se bestaande operasionele basis om die onderneming te versterk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

nig ·

SAL kort sterk leierskap seg die man? So hy dink m.a.w. hy beskik nie oor sulke leierskap nie want hy was dan die bestuurder! Persoonlik dink ek die wit olifant moet gelsuit word – kos ons belastingbetalers net miljoene wat weer in ‘n groot diep donker gat in verdwyn.

Oni ·

Ek merk dat die persoon net waargeneem het by SAL en dus sy mening oor so ‘n sepie kan uitspreek Nig

Johann Marx ·

Die hoof van Mango het bedank want hy’t gesien daar’s ‘n paw-paw in die waaier by SAL(nie weer nie)…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.